Argief vir die ‘Tekspreke 2005’ Kategorie

postheadericon Die fontein van die lewe

25 Des 2005, 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing: Psalm 36, Teksverse 36:9.10

Tema: Die fontein van die lewe.

• Die optrede van die goddeloses

• Die lofsang op die Here se guns, trou en goedheid.

Fonteine speel ‘n baie belangrike rol in die mens se versorging. Dit gaan oor water wat vanuit die onderaardse kanaal na bo uitgedruk word en uitborrel of uitspuit. Weet u, die Bybel koppel die gedagte van ‘n fontein aan die Here God. Ek lees die teksvers in die twee verskillende vertalings.

1953 vert “9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. 10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” 1983 vert “9 In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. 10 U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.”

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Jesus Christus het met Sy geboorte kom wortel skiet in my droeë sondelewe

25 Des 2005 09:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Jes.52:13 – 53:12 Teksvers 53:2

Tema: Jesus Christus het met Sy geboorte kom wortel skiet in my droeë sondelewe.

Waarom is ons mense so op die glansryke en idiliese ingestel ? Ons droom van die luukse en gemaklike dinge in die lewe. Kyk maar na die sogenaamde kersgety. Besigheidpersone, gelowige en ongelowige misbruik dit om hulle sakke vol te maak. Die glansryke sterretjies, die verligte denneboom, die sneeuerige versierings, die kouse vol smul-lekkers en die droomgeskenke is die belangrikste vir kind en kraai. Die gedagte van die babatjie Jesus het ieder en elk na 2005 jaar kortstondig aangegryp, maar is gou vergete met die mensgemaakte aanplaksels.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Christen, jy is gesalf tot profeet, priester en koning!

13 Nov 2005, 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing 1 Joh.2:18-27 TV :20,27

Opb.1:4-6 TV :6

HKS 12:32

Tema: Christen, u/jy is gesalf tot profeet, priester en koning !

As navolgers van Christus is ons ook gesalf. Hy was gesalf tot die groot profeet, hoogtste priester en Almagtige Koning. Sy salwing kom deur die Heilige Gees ook op ons en daarom het ons ook elkeen in die amp van gelowige die taak om profeet, priester en koning te wees.

– As profeet moet ons verkondig dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra

13 Nov 05, 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Deut. 32 Teksverse 32:11,12

Tema: Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra.

Ons het vandag die voorreg om in hierdie erediens 10 jong mense die geleendheid te gee om belydenis van geloof in ons midde af te lê. Wat ‘n groot dag is dit nie op ons lewenspad nie ! Die Here het julle sover gelei. Hy leer ons hoe om in die lewe te loop soos wat ‘n arend haar kuikens leer vlieg. Op ‘n dag stamp sy die kleintjie uit die nes uit sodat hyself moet vlieg en nie net aas nie. Die arendma is egter die hel tyd rondom die kuiken en wanneer die kuiken moeg is, dan vang sy hom deur hom op haar vlerke terug te dra na die nes toe. Jong mense, julle word nie uitgeskop nie, maar ingeskakel in die volwasse geloofslewe. Onthou egter, dit is dieselfde Here wat orals met julle gaan en julle lei op die lewenspad.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Wees ‘n lewende steen tussen die hoeksteen en sluitsteen

31 Julie 2005 17:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Ef.2:1-22 Teksverse:5,6 en 19-22

Tema: Wees ‘n lewende steen tussen die hoeksteen en sluitsteen,

1. Die opstanding van Jesus Christus maak ons saam met Hom lewend

2. Die hoeksteen

3. Die sluitsteen

4. Wees die lewende stene van die Kerk op aarde.

Lees die res van hierdie inskrywing »