Argief vir die ‘Tekspreke 2008’ Kategorie

postheadericon Jesus vra vir jou: Wie sê jy is Ek?

GOEIE VRYDAG 21 Maart 08 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Lukas 1:26-33 Teksvers 31

Matt.16:13-16 Teksvers 16

Matt.27:45-56 Teksvers 54

Tema: Jesus vra vir jou: Wie sê jý is Ek?

Die een vraag wat die wêreld omgekeer het, was, Wie is dié Jesus Christus? Aan Jesus self is baie gevra: Wie is jy en waar kom jy vandaan? Jesus het ook aan sy dissipels gevra: Wie sê julle is Ek?

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Is jy gered?

23 Maart 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Romeine 10:5-15 Teksverse:9,10

Tema: Is jy gered?

As jy met die mond bely dat Jesus die Here is,

en met die hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het,

is jy gered!

Is jy gered? Dit is dalk ‘n vraag wat jy vir jouself al baie gevra het: is ek gered, gaan ek hemel toe? Soms word jy verskriklik benoud en jy wonder of, as jy nou iets sou oorkom, jy hemel of hel toe sal gaan. Soms wonder jy of dit wat jy al in jou lewe verkeerd gedoen het, jou werklik vergewe is. So raak jy paniekbevange en benoud, gespanne.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Die mens doen dinge met kwade bedoelings, maar God laat die goeie daarmee gebeur!

22 Junie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Gen.50:1-21 Teksverse: 19-21

Die mens doen dinge met kwade bedoelings, maar God laat die goeie daarmee gebeur!

Josef se boeties gooi hom in die put,

maar die here sit hom op die troon van onder koning!

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Begeertes – Die innerlike gesindheid agter woord en daad

10 Februarie 2008, 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Spr.4:20-27 Tv:23

Gal.3:10-29

HKS 44 “10de Gebod”

Tema: Begeertes – Die innerlike gesindheid agter woord en daad.

Begeertes, ja, begeertes, die lus van ons lewe, of die ondergang van ons toekoms. As kern verkondig ons vanaand:

Begeertes, die innerlike gesindheid agter elke woord en daad.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Jy sê dalk ook vir God – Ek kan nie meer nie, doen my ‘n guns en vat my net

17 Aug 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Num.11:4-35 Teksverse:14-15,16-17,23

Tema: Jy sê dalk ook vir God:Ek kan nie meer nie, doen my ‘n guns en vat my net. God se antwoord is egter aan jou: “DINK JY EK HET NIE DIE MAG NIE?”

Inleiding:

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Jesus het juis gekom vir geestelike siek en sondaarmense!

27 Januarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Lukas 5:27-32 TV:31,32

Tema: Jesus het juis gekom vir geestelike siek en sondaarmense!

Ons is tog so geneig om met valkoë te kyk met wie ander mense meng. Na jou mening is daardie persoon baie sleg en jou kind of iemand in die gemeente moet tog net nie met daardie een speel. Dit is so, party kinders en party groot mense is regtig op die verkeerde pad en jy móét passop vir hulle. Die vraag is nou net, mag ek dan glad nie bekommerd wees oor daardie verkeerde mense nie en mag ek hulle nie op die regte pad probeer help nie?

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Ken jou Herder se stem!

24 Februarie 2008 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Joh.10 Teksvers Joh.10:4

Tema: Ken jou Herder se stem!

Verantwoordelikheid is ‘n groot verantwoordelikheid. ‘n Verantwoordelike persoon hoor wat hy moet doen en doen presies dit, sodat ander daarop kan staatmaak. Vir jou as mens is dit egter nie altyd so maklik nie. Broeders, Susters, Jesus Christus was en is egter die mees verantwoordelikste persoon van alle mense op die aarde. Die tema van vanaand is daarom: JESUS AANVAAR AS HERDER VOLLE VERANTWOORDELIKHEID VIR SY KUDDE. KEN JOU HERDER SE STEM.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon God roep my om aan te hou visvang in die see van Sy koninkryk

5 Okt 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Lukas 5:1-11 TV:5,8,10b

Tema: God roep my om aan te hou visvang in die see van Sy koninkryk.

1. Die feit dat ons moet aanhou sonder om op te gee

2. Die roeping van die dissipels.

Ons hou dikwels aan met iets, maar tog wil dit nie vlot na ons sin nie. Dan is ons so gou geneig om tou op te gooi. Dis in die kerklike lewe ook so, ons raak gou moedeloos en dan gee ek sommer op en staan terug. Tog kom die volgende na vore :

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Die Almagtige God is om Christus ontwil ons liefdevolle Vader

17 Aug 08 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Matt.7:7-12 TV:11

Matt.18:1-5 TV:3

HKS 46

Tema: Die Almagtige God is om Christus ontwil ons liefdevolle Vader.

God die Vader word in besonder aanbid. Ander godsdienste het nie die voorreg nie. Kom ons verkondig puntsgewys God se Vaderskap en jou kindskap soos volg:

1. Die rede waarom jy God as Vader kan aanspreek.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Doen die een ding sonder om die ander een na te laat

10 Februarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Lukas 11:37-53 TV:39,42,52

Tema: Doen die een ding sonder om die ander een na te laat.

Jy ken die spreekwoord: “bo blink en onder stink”? Jy ken die gesegde “dat jy die een ding moet doen en die ander een nie moet nalaat nie”. Weet jy dat hierdie nie waarhede is wat die wêreld uitgedink het nie? Wie het dit dan uitgedink? Jesus Christus. Jesus leer jou vandag:

Moenie die een ding doen en die ander een nalaat nie.

Lees die res van hierdie inskrywing »