Argief vir die ‘Tekspreke 2008’ Kategorie
Gebed is nie speletjies, maar baie noodsaaklik en ernstig
10 Februarie 2008 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Psalm 50 Teksverse:15,23
HKS 45 vr/antw 116
Tema: Gebed is nie speletjies, maar baie noodsaaklik en ernstig.
Hoekom bid jy? Is dit sommer maar net iets wat jy so nou en dan doen? Is dit iets wat iemand doen net as hy in die nood is? Nee, dit is NOODSAAKLIK dat jy bid.
Hemelvaart 2008
27 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Johannes 7:32-39 Teksvers :37-39
Tema: Hemelvaart 2008
Vandag herdenk ons die hemelvaart van Jesus Christus na Sy opstanding. Sy hemelvaart is so deur Jesus self geprofeteer. Dit moes gebeur, dit was so besluit en beskik deur God die Vader. Die Skrif beskryf dit eenvoudig as ‘n feit. 40 Dae na Sy opstanding is Hy voor die oë van die dissipels se oë in ‘n wolk weggeneem. Meer kan ‘n mens nie sê nie.
Jy behoort!
8 Junie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Rom.1:1-7 Teksverse:6,7
Tema: Jy behoort!
Elke mens wil iewers inpas, iewers tuis wees, iewers iets beteken en iewers behoort. Ongelukkig loop dinge baie keer as gevolg hiervan baie skeef. Omdat die kerk en gelowiges nie altyd op die regte manier met mense werk nie, dwaal mens baie gou en word tuisgemaak in verkeerde groepe. Hy/sy behoort uiteindelik aan daardie kulte, dwaalkerk of slegte vriendekring. Gelukkig reik ons Hemelse Vader uit na sy kinders, na jou en my en sê vandag aan jou: JY BEHOORT.
Het jy ook soms so ‘n “MARA”-“BITTER” gevoel?
9 Nov 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Rut 1:1-9; 18-22 Tv:20,21
Rut 4:11-18 Tv:14,15,17
Tema: Het jy ook soms so ‘n “MARA”-“BITTER” gevoel? Kyk net wat het die Here vir jou gedoen en wat Hy nog vir jou gaan doen.
Ek is seker daar is dinge in jou lewe wat jou al baie bitter ongelukkig gemaak het of waaroor jy dalk nou nog baie bitter is. Die soet in jou lewe het verdwyn. Om so ‘n bitter lewe te ly, is regtig nie baie lekker nie. Dit maak jóu lewe baie moeilik en dit maak die mense rondom jou se lewe nog moeiliker want hulle weet nie hoe om jou beitterheid te hanteer nie.
Die liefde van God vir jou, voed jou liefde vir Hom as God, vir jouself en vir jou naaste
16 Nov 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 10:1-3;17-20;25-28 Tv.27
Liefde x 3 keer vir: God, jouself en naaste.
Liefde x 4 keer hoe: hart, siel, krag en verstand
1. Kempton Park-Noord se pad.
2. Lukas 10 en die Ou Testament – Deut.6:5
3. Liefde x 3 keer vir:
Gemerk met die Heilige Gees
3 Februarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 3:1-22 TV:3,16,17
Tema: Gemerk met die Heilige Gees.
Vandag het ons die voorreg om die sakrament van die Heilige doop aan klein Yolandie Venter te kan bedien. Vandag gaan die Heilige Gees in ons werk met Lukas 3. Elke dag tel, elke dag moet ons werk en leef. Ek dag moet ek self reg lewe en elke dag moet ek my kind wat ek van God gekry het, reg groot maak. Vandag is die tema: Gemerk met die Heilige Gees.
Jesus maak jou Sy vriend
13 Januarie 2008 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Joh.15:9-17 Teksverse:13-15
Tema: Jesus maak jou Sy vriend.
Ons het almal vriende. Ons gaan vandag vasstel wat ware vriendskap is. Ons gaan hoor dat Jesus ons grootste vriend is en dat Hy ons Sy vriende maak. Ons moet hierdie ware vriendkap nou gaan toepas in ons vriendekring, gemeente en huwelik.
God se genade moet baie meer mense bereik
20 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:7-15 Teksvers:15
Tema: God se genade moet baie meer mense bereik. So word danksegging baie meer en God kry baie meer eer.
Ons word dikwels gefrustreer met Eskom wat so beurtkrag toepas. Verkeer, besigheid, koskook en warm water kom tot stilstand. Net so kom daar skielik donker duisternis as jy in ‘n kantoor is op die 16 de vloer. By die huis het baie nou die liggies wat met batterye werk sodat jy so ietsie lig het om mee reg te kom. Weet jy broeder en suster, ons maak soos eskom met die mense rondom ons, ons is net baie erger, ons hou al die krag vir ons self en die res moet in die donker bly, of kry so ‘n vlou battery liggie. Ek praat hier van die genade van Jesus Christus wat ons kry, die Lig wat Hy vir ons is, die verlossing wat ons kry. Ons kan dit nie vir onsself hou nie, ons moet dit met baie meer mense deel. Wat doen jy, wat doen ons om die genade wat ons van God kry, met ander mense wat nog in die donker is, te deel?
Jesus se lig skyn in jou hart, deel Jesus nou met ander!
13 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:1-6 Teksvers 5,6
Tema: Jesus se lig skyn in jou hart in, deel Jesus nou met ander!
Wanneer ek iets doen en aanpak, wie slaan deur in die proses? Ek of Christus? En, hoe kry jy dit in elk geval reg om iets te doen, dit terwyl jou hart maar baie donker is?
HOOR jy net by ander van GOD? óf “SIEN” jy self vir GOD?
7 Sept 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Job.42:1-6 Tv.2,5
Tema: HOOR jy net by ander van GOD? óf “SIEN” jy self vir GOD?
Hoe baie keer hoor jy van die Here, maar wil nie regtig hoor nie? Hoe baie keer hoor jy by ander mense van Jesus Christus se verlossing, maar jy sien nie heeltemal in wat dit vir jou beteken nie? Om die rede vra en verkondig ons vandag: Hoor jy net by ander van God? Of SIEN jy self vir God?