Gereformeerde Kerk Kempton Park-Noord

Aanskou die dade van God en wees bly in Hom!
15 Nov 09   18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Psalm 66  Teksverse:5,16

TEMA: Aanskou die dade van God en wees bly in Hom!

Elke dag hou baie bekommernisse in. Elke dag hou baie vreugde in. U/jy moet dit egter regkry om deur die seestrome van bekommernisse en vreugdes te kom. Om die rede verkondig God vandag aan die hand van Psalm 66:5 en 6 aan jou:

AANSKOU DIE DADE VAN GOD EN WEES BLY IN HOM !

In Psalm 66 verse 5 en 6 staan daar die volgende : “5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders. 6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.”

Die fiesiese gebeurtenis van waar Israel deur die Rooi See getrek het, word beskryf in Eksodus 14. In Eks.12:29 lees ons dat die Here om middernag elke eersgeborene (oudste kind) van Egipte met die dood laat sterf het. Slegs Israel se mense wat bloed aan die deurkosyn gesmeer het en so gehoorsaam was aan die opdrag van die Here God, se eersgeborenes was gespaar. Die ramp het Egipte geskud en so het die Here vir Farao die Israeliete sommer laat wegjaag.

Na 430 jaar se ballingskap is die Israeliete bevry en dit deur die uitvoering van die voorskrifte vir die Pasga. Telkens was daar ook in die toekoms herrinnering deur God dat Hy hulle uit Egipte uitgely het op die pad van bevryding, veral ook in die 10 gebooie. Deut. 5:6 “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.”

In Eks 13 word beskryf dat elke eersgeborene van Israel aan die Here gewy moes word, dus vir God in die tempel moes werk. Dit het gegeld vir die eersgeborenes van mens en dier. Terselfdertyd word daar ook in Eks.13 beskryf dat die Here die volk met ‘n ompad laat trek het. Die Here het hiermee ‘n doel gehad. Hy het hulle met die lang pad omgestuur sodat die volk nie koue voete sou kry om terug te gaan na die vleispotte van Egipte nie, maar in besonder omdat Hy hulle deur die Rooisee op ‘n wonderbaarlike wyse wou laat deurtrek. So wou Hy Israel finaal verlos van Egipte.

Intussen het die Farao sy wonde klaar gelek en spyt gekry dat hy Israel weggejaag het. Al daardie hordes werkers is nou weg en wie moet nou die werk doen? Dit was ook onder beskikking van God dat Farao so opgetree het sodat God weer ‘n keer Sy almag kon betoon. Farao het met sy 600 beste strydwaens met bemanning en leermag en al die pad gevat en die Israeliete ingehaal.

Nogtans het die Here God vir Israel onder Sy beskerming verder laat trek. Ja, die Israeliete was doodbang en beangs en het vir Moses en die Here verwyt. Moses se antwoord was eenvoudig : “Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. 14 Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees. ” (Eks.14:13,14)

Hierna het Moses die opdrag van die Here ontvang om met die staf in die hand sy hand oor die see uit te steek sodat die volk Israel op droeë grond daardeur kon trek. Die Here het ook die harte van die Egiptenaars verhard sodat hulle verblindend en bloeddorstig deur die droëe pad van die see wou kom.

Helaas, God se wonderwerk, Sy ingrype, Sy stry vir die volk, Sy geveg namens die volk, het Sy tol geeis. Net toe die volk deur die see getrek het op die droeë grond, het Moses weer in opdrag van die Here sy hand oor die see uitgesteek sodat die pad toegemaak het. Op daardie oomblik het die Egitenaars besef dat die Here vir die Israeliete veg en hulle wou wegvlug. Toe was dit te laat vir mens en dier! Die water het elkeen oordek en hulle het soos ‘n stuk lood gesink en verdrink. Die Here het die geveg gewen vir Sy volk, net soos Hy belowe het.

So het die Here Sy volk Israel ongedeerd en veilig verder geneem tot anderkant van die Rooisee. Daarom is die uitroep al vir eeue en ook vandag: AANSKOU DIE DADE VAN GOD EN WEES BLY IN HOM!

Broeder en Susters, vir ons is daar nog meer rede om God se dade in aanskouing te neem en in Hom bly te wees. Elkeen van ons, klein en groot, is ook in die groef van die sonde en sal blootgestel wees daaraan vir die res van ons aardse lewe. Die sonde is dus ons ballingskap en die see van versoeking.

Die aanhitser en aanvoerder van die sonde, soos wat die Farao die aanvoerder van Egipte was, is die Satan. Satan is die owerste van die duisternis en sonde.

Hy is die Vader van die leuen en hy is elke sekonde van ons lewe besig om ons gedagtes, woorde en dade  weg te prober lei van God en Sy wil. Nou moet jy erken, net soos wat die Israeliete beangs was en met verwyte God wil aankla, en net soos wat hulle nie geweet het wat die roete was om anderkant die Rooisee te kom nie, net so weet jy ook nie hoe jy uit eie krag deur die pad van sonde en versoekings gaan kom nie. Ja, broeder, ja suster, jy weet hoe nie.

Jy raak ook benoud en beangs as jy die lewe en die toekoms in die oë kyk. Jy raak jaloers as jy kyk na geleendhede wat ander mense kry en nie jy nie. Ons raak lelike mense wat in eiewilligheid en wêreldse genot verval. Ons is nie bereid om voluit gebind te word aan God Self en Sy Woord nie.

Vandag verkondig die Enigste Ware God aan ons dat daar net een manier is om bevry te word van die aanslag van Satan en die val en volharding in sonde:

in en deur Jesus Christus. Jesus Christus het Self die straf, pyn en Godverlatenheid vir ons aan die kruis gedra. Jesus Christus is die enigste Verlosser en ons moet eenvoudig net afhanklik wees en weet dat Jesus die geveg klaar gewen het.

Broeder, Suster, staan stil, kyk om u, sien raak wat God doen, wees getuie van Sy groot werke! Dieselfde God wat Israel bevry het deur die Rooisee, is ons God en Hy sal ons deur ons rooisee en bedreigings neem. Moenie self die pad op eie stoom probeer loop nie. Moenie self veg nie. Ons Here God stry en veg vir ons en ons moet stil wees. Bid en wees afhanklik en sien wat God doen. Volg Jesus Christus as jou Enigste Verlosser en Saligmaker.

Weë egter die een wat teen God werk. Help waar jy kan en laat so een tot bekering gelei word voordat dit te laat is. Vir die Egiptenare was dit te laat daar in die Rooisee. Vir die een wat volhard in sonde en die eie pad teen God se pad en Sy wil, vir hom en haar sal die oordeel tref, ‘n lewe sonder God tot in ewigheid.

Broeder en Suster, aanskou jy nog die wonderdade van God?

Net soos wat hier in Ps. 66 die grootheid van God besing word, so moet ons ook die grootheid van God in Christus besing. Staan stil en moenie self deur die lewenssee probeer swem nie, jy kan nie. Laat God vir jou stry en lewe jy net gewillig en gehoorsaam binne Sy wil en volg in Christus se spore.

Net voor ek afsluit, wil ek graag Judas vers 24-25 vir u lees: “24 Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, 25 aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.”

SLOT:

BROEDERS EN SUSTER, KOM ONS SPITS ONS AANDAG DAAROP TOE OM GOD SE HAND IN ONS LEWE TE SIEN, TE ERKEN EN TE ERVAAR!

WEES BLY IN DIE GOD VAN MAG, KRAG, EWIGHEID EN HEERLIKHEID.

JA, AANSKOU DIE DADE VAN GOD EN WEES BLY IN HOM!

Die Heilige Gees gee jou beheer oor jou begeertes en dade
22 November 09	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Gal. 5:19-26	Teksvers: 23 “selfbeheersing”

Hand. 24:24-27	teksvers Hand. 24:25

1 Kor. 9:19-27	teksvers 1 Kor. 9:2

Tema: Vrug van die Gees, 9 de deel: “SELFBEHEERSING”. Die Heilige Gees gee jou beheer oor jou begeertes en dade.

Hoe baie keer moet ons vir mekaar in die huis, klas en werk sê: raak nou net kalm, kry beheer oor jouself, raak nou net rustig asb! Ja, dit is deel van ons om soms of selfs baie keer te sukkel om onsself te beheer. Dit is dus nie verniet dat dit deel is van die toerusting wat ons deur die Heilige Gees móet kry nie. Dit is nie verniet dat selfbeheersing die negende deel is van die vrug van die Heilige Gees nie. Vandag verkondig God dus aan u/jou en ons:

Vrug van die Gees, 9 de deel: “SELFBEHEERSING”

Die Heilige Gees gee jou beheer oor jou begeertes en dade.

Ek wil u/jou net weer help onthou wat is die werke van die vlees, Gal. 5:19-21 “onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20 afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, 21 afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge.” Ja, geliefdes, as jy luister hierna, dan besef jy dat “selfbeheersing” ‘n yslike groot genadegawe is wat ons móét ontvang, alles as teenvoeter vir die werke van die vlees.

Nou kom ons weer by ‘n baie lekker deel, wat is die woord wat ons in afrikaans as “selfbeheersing” het, se inhoud en boodskap? Die grieks is nie bekend nie, dit is “egkrateia” Hierdie woord se betekenis is: om volkome beheer oor jou begeertes, aksies en dade uit te oefen. Dit kan anders ook gestel word: om jouself in te hou, om jouself te beveel, om koning te wees van jouself, om jou hart gehoorsaam te hou, om jou eie begeertes teen te staan, om meester te wees oor wat jy wil hê, om nee te sê vir jou liggaam. Om beheer te hê oor jouself en oor alle ander dinge. Sjoe, dit is weer ‘n mondvol! Kom ons onthou hierdie een sin. Selfbeheersing, is om volkome beheer oor jou begeertes, aksies en dade uit te oefen.

In die Bybel het ons ‘n klomp tekste waarin daar oor selfbeheersing geskryf en geleer word. Spreuke 16:32 leer jou: “’n Geduldige mens het meer waarde as ’n bedrewe vegter, ’n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ’n stad inneem.” Spreuke 23:23 leer jou: “Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie; hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.” In Prediker 10:17 word geleer: “17 Dit gaan goed met die land waarvan die koning vir homself kan besluit en waar amptenare op die regte tyd feesvier, met selfbeheersing en nie met ’n drinkery nie.”

Hoor jy iets van selfbeheersing en drinkery? Ja, dít is waar dit baie keer skeef loop, wanneer jy ‘n drankie gebruik en jy kan jouself nie keer om nie meer te geniet as wat jy kan hanteer nie. Jy het nie beheer oor jou besluite nie en die volgende stap is dat jy nie beheer het oor jou liggaam nie. Jou kop/verstand is bedwelm en jou lyf volg op die verkeerde pad. Dit is hier waar die manhaftigheid kom waar jy tussen vriende die held wil wees, waar jy by die rugby of by die kriekert wedstryd daar op die paviljoen jou wangedra…

Dit is hier waar jy dalk by die huis jou vrou,man of kinders verskreeu en dalk slaan. Dit is hier waar jy dalk bestuur en jy word ‘n padvark en ‘n baie groot gevaar vir ander mense. Met dronkbestuur kan jy en ander mense doodgaan. Dit is hier waar jy as jong mens en as ouer mens, jouself onsedelik kan gedra. Jou seksbehoeftes is onbeheersd en jy kan jou huweliksmaat dwing in iets wat nie op daardie tydstip gepas is nie. Jy kan dalk jou meisie forseer, jy kan dalk as mooi meisie jou vriend onbeheerds opwek, dan kom die moeilikheid, alles omdat jy nie meer selfbeheersing het nie.

Geliefdes, ons het tot sover te doen gekry met die logiese/praktiese inhoud van “selfbeheersing”, maar wat is die belangrikste van alles wat God ons wil leer? Met 1 Kor. 9:25 en Hand. 24:25 kom ons daarby uit. In 1 Kor. 9:19 sê die Apostel Paulus dat daar baie dinge is wat hy kan doen, maar die belangsrikste ding in sy lewe, is om soveel as moontlik mense vir Jesus Christus te wen. Hy het onder die Jode gewerk, hy het onder die heidene gewerk, hy het alles gedoen wat hy kon, so het hy God gedien.

Al hierdie dinge doen Paulus ter wille van die evangelie, sodat hy ook in die vrug daarvan kan deel. Dit is ‘n moeilike en aanhoudende proses, dit is soos ‘n wedloop vir atlete. Om ‘n atleet te wees, beteken dat jy baie selfdissipline moet hê en dat jy jouself van baie dinge ontsê. ‘n Altleet weerhou/onthou hom van baie dinge met innerlike krag. Net hier word “egkrateia” gebruik, “selfbeheersing”.

Ja, met selfbeheersing moet ‘n atleet hou by sy oefenprogram, hou by sy diet en leefstyl. Net so moet ‘n gelowige wat werk vir God, homself van baie dinge ontsê, homself van baie dinge onthou en weerhou met innerlike krag. Om ‘n gelowige te wees, ‘n Christen wat sy sout werd is, beteken dat jy baie selfbeheersing moet hê en toepas. Selfbeheersing met jou gebedslewe, selfbeheersing met daaglikse bybellees, selfbeheersing met getroue erediensbywoning, selfbeheersing met doen wat jy glo, selfbeheersing om te leer wat God jou leer en wat Hy van jou verwag.

Dit bring ons by Hand. 24:25. Paulus  is by die tempel gevange geneem. Hy lewer sonder ‘n bang haar op sy kop getuienis van Jesus Christus as Verlosser. Hy vertel hoe Christus hom wat Paulus is, tot bekering gedwing het. Voor die Joodse Raad doen hy presies dieselfde. Na ‘n komplot teen sy lewe, word hy na goewerneur Feliks toe gestuur. In die paleis van Herodes is Paulus bewaak. Die hofsaak het voortgegaan. In goewerneur Feliks en sy vrou Drusilla se aftyd, het hulle geselsies gehad met Paulus waar hy meer vertel het oor die geloof in Christus Jesus.

Tydens hierdie gesprek het die apostel Paulus werklik sonder om bang te wees, met respek reguit sekere dinge vir goewerneur Feliks gesê. Feliks wat eintlik omkoopgeld van Paulus wou kry, het ‘n preek gekry! Feliks is deur Paulus aangespreek en aangespoor oor drie dinge: ‘n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing, en oor die komende oordeel. Hoor jy mooi? gehoorsaamheid, selfbeheersing en die oordeel.

Nou kom ons by die diepste betekenis en boodskap wat God ons wil gee wanneer ons oor “selfbeheersing” praat. Sonder God, sonder om Hom te ken, sonder om Sy gebooie en Bybel te ken, sonder kennis van Jesus Christus as Verlosser, sonder kennis oor die ewige lewe en die hel, sonder ware kennis oor die oordeelsdag en wat dan gebeur, sal ons nie selfbeheersing kan toepas nie. Dít is die doel voor oë: en God te ken en te dien, en dít my liewe broeders en susters, verg “selfbeheersing”.

Is u/jy vanself instaat om volkome selfbeheersing toe te pas en uit te oefen? Die antwoord is: nee en weer nee. Ek self is tot niks instaat nie, maar met Christus is ek tot alles instaat (Fil.4:13). Met die Heilige Gees wat in my woon is ek tot alles instaat, met die vrug van die Gees is ek instaat. Geliefdes, watter selfbeheersing moes Jesus Christus nie toegepas het nie? Hy wat geen sonde gedoen het nie en nooit sonde sal doen nie, hy is onskuldig gevang, gevonnis, geskel, gespot en gekruisig in die openbaar.

Hy het dit gedoen want Hy is waarlik God en waarlik mens. Vir u/jou en my het Jesus dit gedoen. Vir drie en dertig jaar, maar in besondere vir drie dae het Hy die Satan in die hel beveg en verslaan. Hy het uit die dood uit opgestaan en nou is Sy opstanding jou oorwinning. Nou is die opstanding van Jesus Christus die rede vir jou selfbeheersing. Hy het Sy Heilige Gees vir jou uitgestort en die Heilige Gees is nou in jou en die Heilige Gees se vrug is in jou.

U/jy het geen verskoning nie, die Vrug van die Gees gee vir jou selfbeheersing. Jy is nou deur Christus en die Heilige Gees instaat om beheer uit te oefen oor jou begeertes, gevoelens, aksies en dade. Jy moet net baie meer afhanklik wees van God die Vader, Seun en Heilige Gees. Jy moet meer bewustelik afhanklik wees van God.

Geliefdes, goewerneur Feliks het bang geword toe die apostel Paulus met hom gepraat het oor gehoorsaamheid aan God, selfbeheersing en die oordeel. Word jy dalk ook bang soos ons nou hieroor praat? Feliks het gesê: dis nou genoeg, gaan maar terug en as ek tyd het sal ek weer met jou praat. Is dit dalk ook wat jy doen soos wat ons nou hier praat, wil jy dalk ook sê: dit is nou genoeg! As ek weer ‘n bietjie tyd het sal ons weer daaroor praat, sien jou dalk weer. Nee, broeder, suster, ons moet nou luister na wat die Vader vir jou sê uit die Bybel uit met die Heilige Gees.

Ek, u en jy moet baie hard bid dat die negende deel van die vrug van die Gees, nog meer aktief werk hier binne ons. Ek self kom kort met selfbeheersing, so ook u en jy. Maar gelukkig preek die Here vir my, gelukkig preek die Here vir jou: Selfbeheersing is ‘n saad binne in my en u en jou. Wonderlik!

Slot: Geliefdes, die 9de deel van die vrug van die Gees, “selfbeheersing” voltooi die vrug van die Gees, net soos die 10de gebod wat gaan oor begeertes, die wet van God voltooi. Hoor mooi wat sê God vandag vir u/jou. Die Heilige Gees gee met die vrug van die Gees jou beheer oor jou begeertes, aksies en dade. Hou jou meer besig met die Here se Woord, bid baie meer, gesels baie meer met God, kom baie meer in kontak met medegelowiges, en beleef dán hoe jy al hoe meer selfbeheersing kry en selfbeheerd leef.

Jongmense, julle is wonderlik – Sê met respek ook jou sê, omdat die Heilige Gees jou lei om dit te doen
25 Oktober 09	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Job 32:1–18, 33:3-13	Teksverse 32:6-8

Job 39:34-38	Teksverse 39:35

Job 42:1-6	Teksvers 42:5

Tema: Jongmense, julle is wonderlik. Sê met respek ook jou sê, omdat die Heilige Gees jou lei om dit te doen.

Vandag is dit nog ‘n baie besondere Sondag, omdat sewe van ons jong lidmate die geleendheid gebruik om hulle openbare belydenis van geloof af te lê. On is baie beïndruk met hierdie jong gelowiges se geloof en volwassenheid. Om die rede verkondig ons vandag uit die Woord van God:

Jongmense, julle is wonderlik!

Sê met respek ook jou sê, omdat die Heilige Gees jou lei om dit te doen.

Die boek Job is ‘n wonderlike en verrykende boek. In die boek Job is God en 6 partye betrokke: Satan, Job, Elifas, Bildad, Sofar en Elihu.

1. God en Satan met Job.

In Job 1 en 2 sien ons dat Satan na God toe kom. Die naam Satan beteken: aanklaer en teenstander. Satan sê dat Job so ‘n goeie gelowige is omdat God dit so goed met hom laat gaan! Job was in daardie tyd die bekendste man in die hele ooste. Hy was die rykste en die een wat altyd wyse raad gegee het.

Satan moet by God toestemming kry om iets te doen. God gee toestemming aan Satan om te doen met Job net wat hy wil, behalwe om sy lewe te neem. Satan laat Job se osse, donkies, kleinvee en die kamele gesteel word. Satan laat ‘n storm opkom en Job se huis val al 10 sy kinders dood. Satan laat Job verskriklik siek word, so erg dat sy hele liggaam met pynlike swere oortrek is en hy is in sak en as. (Job 2)

2. God, Job en sy vriende.

Satan verdwyn eenvoudig van hoofstuk 3 af uit die prentjie. Wat hier volg is wel die gevolg van wat Satan veroorsaak het, maar dit gaan skielik net oor vriende wat mekaar en God beledig. Dit is kinders van God wat mekaar seermaak, en dit is eintlik die ergste van alles! Geliefdes, aan Satan mag ons dus nie te veel erkenning gee of die heel tyd aan hom die skuld gee nie. Nee, dit is u/jy wat die sonde doen en jy moet rekenskap gee voor God.

Job, Elifas, Bildad en Sofar is vasgevang in ‘n spinnerak van die eie ek. Sjoe, hulle beskuldig en beledig mekaar, hulle is sarkasties met mekaar en maak mekaar seer met die skerp tong. Ons moet wel sê dat Job en die drie manne die helfte van die tyd die waarheid beet het en dat hulle met sekere goed wel reg is, maar die manier waarop hulle dit doen, dít is verskriklik. En dan kom die verrassingspakkie van die boek Job: Elihu.

3. God, Job en Elihu

Wie was Elihu? Skielik kom Elihu in hoofstuk 32 vir die eerste keer op die toneel. Elihu sê self dat hy die jong mens tussen hierdie vername en wyse verterane is. Dít is hoekom hy die hele tyd so stil soos ‘n muis was. Elihu sê dat die 4 manne op hulle ouerdom weens ervaring en respek baie hoog geag is. Hy wat Elihu is, is eintlik nog net ‘n suigeling in vergelyking met hulle. Vandag sou Elihu dalk gesê het dat hy nog nat is agter die ore of dat hy nog ‘n kuiken is teenoor hulle.

Tog is Elihu baie teleurgestel in die ouer en veronderstelde wyser mense. Hy moes homself inhou en inhou en toe kon hy net nie meer stilbly nie. Dit was nie eitiket vir ‘n jong persoon om tussen die groot koppe sy sê te sê nie! Hy is regtig baie kwaad oor wat gesê is. Dis ‘n ernstige situasie die, maar die Hebreeus is vir ons nogal snaaks as jy dit letterlik vertaal: Elihu se neus het rooi geword (32:2).

Elihu beleef egter ‘n baie besondere ding wat met hom gebeur, sy gees word deur Heilige Gees gelei sodat hy nou moet praat. Die Gees wat van die Almagtige af kom, laat mense met insig praat, en nie noodwendig die ouerdom nie. Die Heilige Gees lei jonk en oud. Twee keer word dit deur Elihu gesê, in vers 8 en in vers 18, “my gees dwing my”, letterlik gesê: “my gees in my binneste dring daarop aan dat ek moet praat.”

Dan kom Elihu se laaste punt voordat hy vir Job en die 3 manne met die waarheid konfronteer: “Voor God is ek en jy gelyk, ook ek is net uit klei gemaak.” (33:6). God luister dus nie eers na die sg. belangriker mense nie, God luister na alle mense, maak nie saak wie of wat hy of sy is nie.

Geliefdes, wat wil die Here God nou deur Elihu vir Job en ons sê? Die probleem wat Elihu het, is dat Job herhaalde kere hardnekkig die hele tyd bly sê: “Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie, ek is rein, ek het nie sonde gedoen nie “(Job 33:12). “Ek is onskuldig, maar God laat nie aan my reg geskied nie (34:5). Ja, dít is hoekom Elihu vir Job en sy vriende kwaad geword het. Hulle het God beledig en hulle het hulle verset teen God.

Nee, sê Elihu, God is meer as ‘n mens , Hý spreek die mens aan soos Hy wil en wanneer Hy wil. God laat gebeur en Hy beskik soos Hy besluit. Job moet eerder tot God bid en smeek en dan sal God sy gebed verhoor, en hom met vreugde laat bid. Dan sal hy as mens getuig voor die mense: ‘Ek het gesondig, ek het my nie gesteur aan wat reg is nie, en tog het God my nie gestraf soos ek verdien het nie’. (33:25-28). Geliefdes, so gaan Elihu die jong en geesvervulde gelowige voort. Hy sê ook vir Job: “Dit is vir God onmoontlik om verkeerd te doen” (Job 34:10,12). “Wat jy praat, is wind” (Job 35:16). “Dink na oor die wonderdade van God” (Job 36).

Toepassing.

Geliefdes, in besonder julle jong mense, julle is wonderlik. Dit is wonderlik om julle in ons gemeente en in die gemeenskap te kan hê. Julle sewe jong mense wat vandag belydenis van geloof aflê, is inderdaad sewe Elihus. Jonk, mooi en aantreklik, intelligent, vol moed en dapper. Hierdie jonkheid van liggaam en gees moet egter reg ingespan word. Jy kan nie maar net stilbly in jou huis, in ons gemeente, by die skool of tussen jou vriende nie. Die oomblik wanneer jy dink jy kan ‘n goeie inset lewer, of jy besef dat ons ongehoorsaam is teenoor God, dan móet jy optree. Jy moet as jong gelowige jou sê sê. Maar hoe doen jy dit?  Wat leer ons van God deur jong Elihu?

Die eerste ding is dat Elihu  deurlopend baie respek getoon aan sy meerdere. Hy was nie verwaand sonder respek nie. Behou dus jou respek vir jou pa of ma, vir die ouer persoon of persone vir wie jy moet aanspreek.

Die tweede ding is dat Elihu deur die Heilige Gees vervul was en gelei was. Dit is presies hoe jy dit sal kan doen. Die Heilige Gees wys vir jou wat is fout en nou moet die Heilige Gees jou ook lei om die fout te help regmaak. Die feit dat jy vandag belydenis van geloof aflê, is ‘n bewys dat jy deur die Heilige Gees vervul en gelei word. Jy kan nie glo in God die Vader, Seun en Heilige Gees as die Gees jou nie vervul en lei nie. Bid en vra God die Vader dat jy die respek, moed, wysheid en die regte woorde, tyd en plek sal kry om probleme aan te spreek en te sê wat gesê moet word.

Die derde ding wat die Here jou deur Elihu leer, is dat alle mense ewe belangrik is voor God. Al is jou ouers jou meerdere, al is jou leier, hoof of direkteur in ‘n verantwoordelike pos geplaas, jy en hy en sy staan voor God absoluut gelyk. Wat hy of sy sê, wat jy sê, God hoor dit en luister presies dieselfde daarna. Jong mens, jy mag en moet dus sê wat nodig is om te sê.

Die vierde ding wat die Here jou deur Elihu leer, is dat dit alles gaan om die eer van God. Wanneer mense iets verkeerd doen, is dit in die eerste plek verkeerd teenoor God wat die Skepper van hemel en aarde is. Geen mens kan teenoor God sê: “ek is onskuldig en God is onregverdig”. Jy moet dus  ander mense aanspreek omdat God se eer op die spel is. Dit is dan uiters belangrik dat jy altyd jouself en ander mense stel voor Jesus Christus wat die Koning en Verlosser is. Jesus neem die sonde deur Sy kruisdood weg en Hy maak jou weer skoon en rein. Hy stel reg en gee ‘n nuwe begin.

Jong mense, julle is dus wonderlik geskape en julle is begaafde kinders van God. Sê dus jou sê, doen dit met respek vir jou meerdere en jou medemens, maar uit liefde vir God.

4. God en Job

In die laaste 4 hoofstukke maak God klaar wat hy begin het en waarin hy Elihu mee gebruik het. Die Here sê: “Ek sal vra, antwoord jy My”. “Waar was jy toe ek die aarde se fondamente gelê het? Wie bepaal hoe ver die see moet gaan? Sou jy die Sewester met ‘n band kan vasknoop of die band van die Orion kon vasknoop? Wil jy vir God teregwys?” (Job 39:34).

Uiteindelik kom Job uit by die punt wat God hom wou laat bereik: “Nou sal ek stilbly. Ek kon nie die antwoord vind nie, ek het weer probeer, maar nou sal ek stilbly” (Job 39:36). “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.” “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek u self gesien” (Job 42:2,5).

Slot:

Geliefdes, jong mense, God vul en lei jou met Sy Heilige Gees, sodat jy vandag jou geloof in God bely, sodat jy vir enige mens met respek moet sê wat jy op die hart het. God die Vader verlos jou deur Jesus Christus en jy moet ander help om hul foute en sondes raak te sien en om verlossing by God te kry daarvoor.

Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?
25 Januarie 09	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing 1 Kon.3:2-15 Teksvers: 5

Tema: Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?

Wat wil jy graag hê moet ek vir jou gee? Dis nogal ‘n lekker vraag wat iemand vir jou kan vra! Gewoonlik probeer pa en ma bietjie-bietjie by jou uitvind as jy verjaar, of as dit tyd vir Kersfees is, oor wat jy graag wil hê. Dan dink jy mos sommer baie dinge uit oor wat jy graag sou wou hê. Partymaal skimp jy oor wat jy wil hê, en ander kere sê jy sommer wat jy graag sal wil hê.

Weet u/jy, ons Hemelse Vader vra dit ook vandag aan jou. Hy het dit aan Salomo gevra en Hy vra dit nou aan jou. Jy vra nie die Here nie, Hy vra jou: “Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?”

Koning Dawid wou graag tydens sy lewe ’n huis vir die Here gebou het, ’n tempel. Al was Dawid die gehoorsaamste koning wat daar ooit was, behalwe vir sy sonde met Batseba en Uria, het die Here besluit dat Dawid se seun die tempel sal bou. Die Here het Sy woord gehou. Salomo het koning geword.

In die dae het die volk nog op die hoogtes geoffer en Salomo het op ’n dag saam met sy vernaamste verteenwoordigers van die volk by die bekendste hoogte in die Gibeon ‘n 1000 brandoffers gebring. Volgens 2 Kron. 1:2-6 was die tent van samekoms met die koper altaar daar in Gibeon. In Gibeon verskyn die Here in ‘n droom aan Salomo, dit in die nag na die groot-groot offer wat gebring is. Die verskyning van die Here was waarskynlik ‘n antwoord op Salomo se offer. Die offer was sekerlik om die Here se leiding en bystand in te roep sodat Salomo sy groot taak as regeerder kan nakom.

In dié droom vra die Here vir Salomo: “Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?”

Wat sou jy vir die Here gevra het? Hier kon Salomo as ‘n jong man gemaak het soos wat jy as kind sou wou kies tussen al die lekker en groot en duur geskenke! Tog doen Salomo dit nie. Heel eerste erken Salomo dat die Here trou aan sy vader Dawid bewys het deurdat hy as Dawid se seun nou die koning van Israel is, dws dat die Here Sy Woord gehou het.

Letterlik praat Salomo van homself as ‘n klein seuntjie. Salomo sê eintlik, ek is nou koning, maar wow, dit is ‘n groot werk die! Op die vraag van die Here oor wat Hy vir Salomo kan gee, antwoord Salomo: “Gee my gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê…”

Die insig waarvoor Salomo vra, is om die regte kennis van als te ontvang en om dan met daardie kennis die regte ding te doen. Sjoe, maar dit is ‘n slim jong man die! Gewoonlik wil jong mense die wêreld inbreek en versit. Gelukkig doen Salomo dit nie. Salomo weet dat Hy deur die Here as koning van Israel gesalf is en net die Here sal hom as jongman help as koning.

Wat antwoord die Here? Omdat jy nie vir ’n lang lewe, rykdom of die dood van die vyand gevra het nie, maar insig in wat reg is, sal Ek aan jou versoek voldoen. Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand anders nog ooit gehad het nie. Letterlik staan daar dat die Here vir Salomo sê dat Hy aan hom ‘n wyse en verstandige hart gaan gee. Nog meer letterlik, dat die Here aan Salomo ‘n luisterende hart sal gee sodat hy die beste regspraak sal kan lewer.

Sjoe, dit moet wonderlik wees om so iets sommer net van die Here te ontvang, want ‘n mens kan mos maar baie dom en selfsugtig optree in jou lewe, of jy nou jonk is of al heelwat ouer is.

Maar dis nie al wat die Here vir Salomo gee nie, “Ek gee ook dit wat jy nie gevra het nie: rykdom en aansien, daar sal geen koning soos jy wees nie.” Boonop sal die Here ook nog ’n lang lewe gee, met die voorwaarde dat Salomo in sy optrede hou aan die Here se voorskrifte en gebooie soos sy vader Dawid gedoen het.

Geliefdes, hier is dit baie belangrik om te let op wat die Here nou pas vir Salomo gesê het. Salomo sal al dié dinge kry van die Here, maar hy moet gehoorsaam wees aan die Here en die Here se gebooie altyd nakom. Salomo moet die fyner detail van die Here se gebooie baie goed onthou en dit baie nougeset nakom. Ons kinders sal sê dat Salomo moet in sy spore trap en baie versigtig wees deur presies te doen wat die Here vir hom sê om te doen.

Salomo het wakker geword van die droom en hulle is terug na Jerusalem. By die ark van die Here het hy dadelik brandoffers en maaltydoffers gebring. Hy het ook ’n feesmaal vir al sy amptenare gegee. Hy het geweet die Here is by hom en hy wat ‘n jong mens is, sal deur die Here gelei word. Inderdaad ‘n rede om dankbaar te wees en fees te vier!

Geliefdes, hier moet ons vandag die les leer, die Here voorsien in als, die Here gee aan jou wysheid, ‘n luisterende oor sodat jy die regte ding kan besluit en doen. Hoe verkry jy dit? Deur ook gehoorsaam te wees aan die Here se Woord, Wil en Gebooie, deur presies te doen wat die Here van jou verwag. Dis ‘n opdrag jong mens, dis ‘n opdrag ouer mens, dat u/jy moet hou by die Here se gebooie. Dan sal die Here jou beskerm, bewaar en lei in wat jy ook al moet doen. Gaan elke dag na die Here en smeek van Hom wat jy nodig het. Sê vir die Here wat jy op jou hart het, maar vra wat jy regtig nodig het en die Here sorg vir die res. Hou net dop.

Die bewys van Salomo se wysheid, rykdom en aansien kom inderdaad. Ons weet van die twee prostitute wat kom stry het oor wie se kind die lewendige een is. Salomo het sy regering met groot wysheid saamgestel. Juda en Israel het so baie geword soos die sand van die see. Israel het in alles volop gehad. Salomo het meer wysheid gehad as al die ander mense van die ooste af tot in Egipte. Salomo het 3000 spreuke gemaak en vyf liedere gedig. Van oral af het mense gekom om na Salomo se wysheid te kom luister.

Salomo het inderdaad ook die tempel van die Here gebou, soos die Here aan sy vader Dawid belowe het. Die ark van die Here is in die tempel se alleheiligste deel geplaas. Nadat al die dinge gedoen is, het Salomo ‘n toespraak gehou en die hele Israel toegespreek. Hy het lof aan die Here gebring, voorgegaan in ‘n innige gebed en daarna het hy die volk geseën .

Na al die mooi dinge het die Here weer aan Salomo verskyn soos die eerste keer in Gibeon (1 Kon. 9). Die Here sê vir hom dat Hy sy gebed en smeking gehoor het. Baie belangriker egter, is wat die Here weer ‘n keer aan Salomo sê: Hy sal sy heerskappy oor Israel geseënd maak, mits Salomo nie sal wegdraai van die Here se voorskrifte, gebooie en bepalings nie. Indien hy en die volk wel wegdraai van die Here en Sy gebooie, dan sal Hy wat God is, Israel wegdryf uit die land en die tempel sal weggevee word van die aarde af.

In 1 Kon.10 word die aansien en wysheid van Salomo weer verkondig. Die koningin van Skeba kom kuier vir hom en bring lof aan die Here oor Salomo. Sy sê dat Salomo als oortref het, baie meer as wat sy verwag het en dat hy haar asem wegslaan! So gaan dit aan.

Geliefdes, ongelukkig het Salomo groot kop gekry met sy roem en wysheid. Hy het al hoe meer vrouens en byvrouens geneem, 1000 in totaal. Hierdie vroue het gekom uit al die omringende stede, volke en godsdienste. ‘n  groot fout wat Salomo gemaak het, was dat hy al die vroue se godsdienste erken het en vir elkeen haar eie afgodstempel gebou het. Die grootste fout wat Salomo gemaak het, was om self saam met sy vroue aan die afgode te offer!

Kan jy dit oor vertel, Koning Salomo wil saam met God Drie-nig ook die ander gode dien! Dit is ‘n oortreding van die Here se 1ste en 2de gebod. Die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam en hy het ‘n uitspraak oor Salomo gemaak: “omdat jy nie by My opdrag gehou het nie, deur ander gode te dien, sal Ek die koningskap van jou afskeur”. Die koningkryk van Israel het ná Salomo se dood in twee geskeur. Jerobeam het 10 stamme gekry en Rehabeam het die Juda stam gekry. Daar was oorlog en afgodediens.

Geliefdes, dis die waarskuwing wat u/jy en ek moet kry, vra van die Here wat jy nodig het, ontvang wat die Here vir jou wil gee, maar ai, moet tog nie groot kop kry en dink jy kan nou maar doen wat jy wil en die Here saam met ander gode dien of die Here verlaat nie. Die Here waarsku u/jou, “as jy van my pad, van my gebooie afwyk, dan sal my straf op jou kom”.

Ek wil u/jou nou graag na die Nuwe Testament toe neem. Toe Jesus deur Galilea gereis het, toe hy die mense in die sinagoges geleer het en mense gesond gemaak het, het hy op ‘n keer teen ‘n berg opgegaan om te ontvlug. Daar het hy sy dissipels persoonlik toegespreek en onderrig.

Oor baie dinge leer Jesus sy dissippels, ook oor die versorging van elke dag. In Matt. 6:25-34 leer Jesus hulle, dat hulle nie oor die lewe en die versorging bekommerd moet wees nie. Kyk na die voëls in die lug en die lelies in die veld, sê hy. Die veldlelies swoeg nie en maak nie vir hulle self klere nie, en dan is hulle nog mooier as al die prag en praal wat Salomo gehad het. Jesus self verwys na Salomo. En dan kom Jesus met die eintlike ding wat Hy die dissipels wil leer: Moenie bekommerd wees oor die aardse dinge nie, soek eers die koninkryk van God en Sy wil, en God sal sorg vir die res. Is dit nie wat die Here vir Salomo geleer het nie? Nou leer Jesus juis dit ook vir jou en my!

Net ‘n bietjie verder in die evangelie volgens Matteus, verwys Jesus na homself, as “hier staan Een wat groter is as Salomo”. Jesus verwys ook na die koningin uit die suide wat na Salomo kom kyk en luister het. Sy, die koningin van Skeba sal ook opstaan aan die einde van die tyd, sy sal dan nie getuig van die prag en praal van Salomo nie, sy sal getuig van die Koningskap van Jesus Christus.

Dan sal getuig word van Jesus Christus wat aarde toe gekom het, wat in die plek van die sondaarmens onskuldig gevonnis en gekruisig is, wat die straf van die kinders van God kom dra het, wat weer opgestaan het uit die dood en die hel, die sonde en satan oorwin het. Van Jesus Christus moet ons getuig! Hy is nou ons Koning, ons Heerser, verlosser en die een wat ons voor die Vader onskuldig maak. Hy neem ons na Hom in die hemel sodat ons vir ewig en altyd in die paradys kan wees.

Geliefdes, ek vat saam: Die Here vra vandag vir jou: “Wat kan ek vir jou gee?” Dink baie mooi na oor wat jy van Hom wil vra. Vra vergifnis van jou sonde. Vra ook wysheid en insig, ‘n luisterende hart, sodat jy met onderskeiding kan doen en leef sodat God verheerlik kan word. Vra dat jy gehoorsaam kan bly aan God en Sy gebod. Vra dat Jesus wat jou Herder en jou Koning is, die een wat groter is as Dawid en Salomo, groter as alle konings saam is, vir jou aan die hand vat en jou deur die lewe lei.

Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees
1 Maart  09 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Matt.28:16-20	Matt.28:19

Lukas 24:44-53	Luk.24:45

Hand.1:1-11	Hand.1:5,8

Tema: Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees.

Ons het vandag die voorreg om ‘n verbondskind te doop. Dit is ‘n sakrament van die Here en daarom is dit goed om weer te kyk na die rol van die Heilige Gees by die doop. Ons kyk spesifiek na die oorgang van die evangelies na die Handelinge van die apostels. Met Christus se hemelvaart was daar spesifiek die opdrag om dissipels van mense te maak en hulle te doop in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

U weet almal van Johannes die Doper. Hy was bekend daarvoor dat hy baie mense gedoop het. Het hy sommer net links en regs mense bymekaar gemaak en gedoop ? Nee, beslis nie. Hy het die evangelie van Jesus Christus verkondig, hy het geloof in Christus verkondig. Hy het verlossing in Jesus Christus verkondig.

Vandag het ons ook die voorreg om in hierdie erediens die doop te bedien. Vir ons is dit ‘n baie besondere voorreg om saam met Henk en Ilke Liebenberg dankbaar te wees dat die Here hulle ‘n seuntjie skenk. Ons moet egter besef dat die preek nie net gerig word tot die ouers wat doop nie, maar dit is gerig tot elkeen van u wat hier sit. Jy was self gedoop toe jy klein was. Jy was dalk gedoop toe jy al volwasse was. So is daar altyd verbondskinders en volwasse persone wat belydenis van geloof aflê en nog nie gedoop is nie, wat wel gedoop word. Geliefdes, vandag verkondig ons aan jou : Ons doop wel met water, maar die werklike inhoud van die doop is die doop met die Heilige Gees.

Ek wil vandag die rigting toutjie span vanaf die evangelieboeke na die boek Handelinge. In ‘n besondere sin vorm die handelingeboek ‘n onmisbare skakel tussen die Evangelies  en die Briewe in die res van die Bybel. In die Evangelies word die bediening van Jesus Christus in hierdie wêreld beskryf en in die Briewe word die volle uitwerking van die bediening van Jesus Christus vir die wêreld beskryf.

Die evangelies is in besonder toegespits op die lewe van Jesus wat deur getuies neergeskryf is en in die boek Handelinge word die werk van Jesus Christus voortgesit deurdat van Jesus getuig word. Die boek handelinge gaan dus nie oor die handelinge van mense nie, maar van die handelinge van Jesus Christus deur die mense hier op aarde. Die boek Handelinge is geskryf deur Lukas.

In die evangelie beskryf volgens Lukas, kom die Naam Jesus bv 244 voor, maar in Handelinge neem dit af na 84 keer. In die evangelie volgens Lukas kom die naam van Heilige Gees net 17 maal voor, maar in die boek Handelinge 59 maal. Dit sê vir ons dat die Heilige Gees in die boek Handelinge sterker navore tree as in die evangelies.

Die Heilige Gees sit die werk van Jesus Christus voort om dit na die eindbestemming, die wederkoms van Christus, te bring. Die Heilige Gees is die Trooster en die Advokaat en die Voorspraak nadat Jesus Christus opgevaar het na die hemel. Nou regeer Jesus Christus as Koning oor ons deur Sy Woord en Gees. Die werk van Christus word nie verskraal nie, nee, die Heilige Gees neem Christus se werk verder. Die Woord in Christus moet nou sonder Jesus se fisiese teenwoordigheid hier op aarde in die verstand en harte van die mense gebring word.

In Lukas 24 lees ons dat Jesus voor Sy hemelvaart die dissipels se verstand geopen het sodat hulle op daardie oomblik verstand gekry het om die Skrifte te verstaan.  Vroeër was daar geskryf dat Christus moes ly, gekruisig moes word en op die derde dag weer opstaan. Hy het gepraat van die tempel wat hy gaan afbreek en weer binne drie dae gaan opbou. Toe Hy dit daardie tyd gesê het, het hulle dit nie verstaan nie. Tog het Jesus gesê dat hulle die getuies is van alles in die verlede.

Jesus sê daar dat Hy die belofte van die Vader gaan stuur en hulle moet net daar in Jerusalem bly. Hulle moet daar bly totdat hulle met krag uit die hoogte toegerus is. Die belofte van die Vader was juis die Heilige Gees. Die Heilige Gees kom uit die Vader en uit die Seun. Die kennisgewing hiervan is geskryf in Hand.1:5 “Julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word”. (Pneuma – Gees, en Baptizo – doop)

Die doop neem hier ‘n baie belangrike plek in by die laaste sigbare openbaring van Jesus Christus. Die wat getuies was van Jesus se hemelvaart, sou binnekort teenwoordig wees met die Heilige Gees se uitstorting en vervul wees met die Heilige Gees. Hulle sou gedoop word met die Heilige Gees. Daar was voorheen wel gedoop met water, maar nou sal die doop met die Heilige Gees plaasvind. Die Here Jesus Christus is dus nie meer fisies liggaamlik hier teenwoordig by ons nie, maar Hy is wel teenwoordig deur Sy Woord en Sy Heilige Gees.

Dié opdrag is in Matt.28:19 ook aan die disspels dat hulle nadat hulle self met die Heilige Gees gedoop is, dissipels moet maak van mense uit alle nasies en dat hulle die nuwe dissipels moet doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Die doop is ‘n sakrament wat toegepas word. Die doop gaan gepaard met onderrig en gehoorsaamheid.

Kom ons kyk na waarom in Hand.1:5 gesê word dat Johannes gedoop het met water, maar binne ‘n paar dae sal hulle gedoop word met die Heilige Gees. Die groot vraag is: word hier onderskeid gemaak tussen twee soorte dope ? Die antwoord is nee. Hier is nie twee soorte dope gepraat nie, maar wel ‘n aanvulling en vervulling.

Kom ons gaan eers terug na die doop as teken van die verbond. God het ‘n verbond met die mens gesluit. Die VERBOND behelsdat God së: “Ek is jou God en jy is My kind”. Die verbond behels dat God Drie-enig sê dat Hy die mens se enigste God is en dat Hy verlossing en versorging gee. God eis binne die verbond gehoorsaamheid omdat Hy die genade gee. In die Ou Testament was die teken van die verbond die besnydenis.

Op die agtste dag is die seuntjies van die volk Israel besny. Die bloed wat gevloei het met die besnydenis, het vooruit gewys na die bloed van Christus wat sou vloei. Jesus Christus het gekom, Sy bloed het gevloei en dit het sy dood veroorsaak. Hy het gesterf en Hy het betaal vir die sondes van die verbondskinders van God. Nou is die besnydenis volbring en die teken van die verbond is die doop. Die doop word bedien aan die kindertjies van gelowige ouers en ook aan volwasse mense wat tot geloof kom in God Drie-Enig.

Die water wat gebruik word het die teken van skoonmaak. Letterlik is dit ook die betekenis van Baptizo – Baptise – doop, om te was. Ons word deur Christus skoongewas van al ons sondes. Die doopseremonie is teken, ’n teken en ’n seël. Die teken is dat net soos water gebruik word om skoon te was, so was Christus ons deur Sy kruisdood en opstanding skoon van ons sondes. Die seël beteken dat jy beskerm word. Die seël sê dat God belowe dat Hy jou Vader is en jy sy kind is. Jy word verseël deurdat Christus jou beskerm en bewaar teen die aanslag van die duiwel. Die doop as teken word dus bedien om ‘n sigbare preek daar te stel vir ons almal, sodat ons weet: die een wat gedoop word, is ‘n beskermde kind van God.

Die ware inhoud van die doop het met die uitstorting van die Heilige Gees tot werking gekom. Gelowige mense, apostels, dissipels, lidmate is deur die Heilige Gees toegerus. Die Heilige Gees woon nou in jou as mens en die doop is die teken daarvoor. Die doop met die Heilige Gees is dus die vervulling van wat reeds in die Ou testament beloof is. Die nuwe tyd, die messiaanse tyd het aangebreek met die koms van Christus, sy hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees.

Geliefdes, vandag doop ons ‘n kindjie om die verbond van God weer hier te teken en te seël. Die verbond van God hou van geslag tot geslag. God verbreek nie Sy verbond nie. Ons wil die Here loof vir die voorreg om die doop nou weer te bedien.

Geliefdes, vir die van ons wat gedoop is, belydenis van geloof afgelê het om te antwoord op die doop, vir ons is die verantwoordelikhede groot. As gedooptes, as gelowiges met kennis van God uit Sy Woord en Gees, staan die opdrag : Maak dissipels van mense uit alle nasies. Lei mense tot geloof deur jou passie vir God.

Samevatting:

God het ’n verbond met die mens gesluit. God sê: Ek is jou God en jy is my kind. God gee genade en verlossing en Hy eis gehoorsaamheid . Die teken van die verbond in die OT was die besnydenis. Die bloed wat gevloei het tydens die besnydenis, het vooruit gewys op Jesus Christus se kruisdood. Na Jesus se kruisiging en opstanding is die teken van die verbond, die doop. Die doop met water verduidelik dat jy deur Jesus skoongewas word van jou sondes.

Na Jesus se hemelvaart, is die Heilige Gees uitgestort. As ons nou ’n kindjie of ’n grootmens doop, dan sê dit dat die gedoopte nie net deur Jesus Christus verlos is nie, maar dat hy ook deur die Heilige Gees gelei word. Die Heilige Gees woon in die mens en daarom sê ons dat jy gedoop is met die Heilige Gees. Die opdrag aan elke gelowige is nou om nie die wonderlike voorreg van verlossing en vervulling vir homself te hou nie, maar om dit met ander mense te deel sodat hulle ook kan glo en gedoop word.

Kom ons bedien nou die doop met water as teken aan Armand Liebenberg, en wanneer ons hom sigbaar doop, moet jy ook weet dat hy ook nou gedoop is met die Heilige Gees.

Die Here seën jou! Geloofd sy die Here want hy gee aan jou wat Hy beloof!
1 Februarie 09	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing 1 Kon. 8:54-66 Teksvers:55,66

Tema: Die Here seën jou! Geloofd sy die Here want hy gee aan jou wat Hy beloof!

Salomo het sy roeping om die tempel vir die Here te bou, voltooi. Hy roep die hele volk as gemeente bymekaar sodat die nuwe tempel ingewy kan word. Salomo lewer ’n hartroerende toespraak en hy seën ook die gemeente/volk. Na die toespraak gaan staan Salomo voor die altaar van die Here en gaan voor in gebed voor die hele volk/gemeente. Nadat Salomo gebid het, het hy opgestaan en die gemeente geseën. Dis hierdie seën wat baie besonders is en ons gaan dit mooi bekyk.

Geliefde, wat ontvang jy nie alles van die Here nie? Die Here sorg elke dag vir jou. Vandag is jy en ek die tempel van die Here en Hy woon in ons. Ons gemeente is ’n sigbare teken vir die gemeenskap en hele wêreld. Ek dank ook die Here vir wat Hy vir u/jou en my gee, dat die Gereformeerde Kerk KPN bestaan! Die Here hou gee wat Hy beloof aan ons en jou. Jesus Christus is die Koning van ons Kerk en Hy regeer oor jou en my. Ek wil vandag ook vir u/jou die seën van die Here toesê sodat jy ’n seën is vir ons en ander mense. Gaan hiervandaan uit, wees gelukkig oor wat God vir jou doen en wees met jou lewe ’n loflied. Geloofd sy die Here!

Watter lied sing ons in die kerk die meeste wanneer ons die seën van die Here toesing? Psalm 134 is die mees gesingde seënbede. Raai ‘n bietjie hoeveel keer kom die woord seën in die 1983 Bybelvertaling voor? 134 keer! Vandag se woordverkondiging draai oor die seën van God en die seën wat ons mekaar toebid en toesing en toesê. Vandag wil die Here juis Sy seën vir jou gee met hierdie erediens, met hierdie preek, met hierdie byeenkoms. Vandag se tema is: Die Here seën jou! Geloofd sy die Here want hy gee aan jou wat Hy beloof!

Koning Dawid wou baie graag ’n tempel vir die Here bou. Daar was net die tent van samekoms wat ’n tydelike struktuur is. Die Here het vir Dawid gesê dat dit nie vir hóm beskore is om die tempel te bou nie, maar wel vir sy seun. Salomo het die tempel van die Here in 7 jaar voltooi en sy eie paleis en regeringsgeboue in 13 jaar.

Nadat die tempel gebou is, het Salomo die verbondsark van die Here in die tempel gaan sit. Hy het die hele volk Israel as gemeente opgeroep en hulle toegespreek, hy het vir hulle gebid en hulle geseën. Nadat hy die volk geseën het, het Salomo en die hele Israel vir die Here offerandes gebring. So het die koning en al die Israeliete die huis van die Here, die tempel ingewy. Vir sewe dae is daar fees gehou ter eer van die Here en toe weer sewe dae. Die dag daarna het Salomo die volk laat gaan, hulle het gegroet en elkeen is na sy huis, gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het.

Die Here was teenwoordig met die hele intrek en fees by die inwyding van die tempel. In 1 Kon. 8:10-11 word gesê dat ’n wolk die huis van die Here gevul het. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die huis van die Here gevul het. Geliefdes, ons het wel nie ‘n tempel vandag nie, maar ‘n kerk. Ons word vandag nie deur ‘n wolk omvou nie, maar gevul met die Heilige Gees. U/jy en ek is op die oomblik as gemeente bymekaar omdat die Here deur Jesus Christus sy kerk bymekaar maak. Elke erediens is vergadering van God se kinders. Met elke vergadering ontvang ons seën. Nou op hierdie oomblik is die Heilige Gees hier teenwoordig en is die Heilige Gees besig om in jou hart en verstand te werk.

Waaroor het Salomo se toespraak gegaan? Reeds met die begin van die toespraak, het Salomo die volk geseën en gesê: “Geloofd sy die Here die God van Israel wat aan my vader Dawid ’n belofte gedoen het en dit deur sy mag vervul het.” Salomo dank die Here dat Hy Sy belofte nagekom het.

Waaroor het Salomo se gebed gegaan? Daar is nie nog so ’n God soos die Here nie. Hy hou aan Sy verbond en bly getrou teenoor sy dienaars wat met volle oorgawe voor hom lewe. Hy hou sy beloftes. Die gebed is dat die Here die tempel dag en nag onder Sy sorg sal hou.

Geliefdes, vir ons is die toepassing dat dieselfde God nou ook sy beloftes hou. Hier het ons nou die gemeente, die kerkgebou, die erediens en baie ander bedieninge in die gemeente en deur die gemeente. Ek wil sommer hier reeds toepas dat my en jou gebed ook is, dat die Here in besonder vir u/julle as gemeente sal versorg en dat hierdie gemeente sterker sal word en groei.

Die Here word gevra om die smeking en gebede wat in die tempel of in die rigting van die tempel gebid word, te verhoor. Die Here word gevra om ook na die gebede en smeking van vreemdelinge te luister en dit te verhoor. Luister tog uit die hemel, uit u woonplek en doen alles wat die vreemdeling van u vra, sodat al die volke u naam kan ken en ook gehoorsaam kan wees soos Israel.

Geliefdes, hier is die gebed van Salomo ‘n dringende oproep dat u/jou en my gebede baie gereeld sal opgaan. Dat jy sal bid in jou binnekamer en dat jy saam met ons ander hier in die erediens sal bid. Die inhoud van ons gebed is daarom ook dat die Here elkeen van ons gemeentelede se gebed sal hoor en verhoor. Wat ook heerlik is, is dat jy ook moet bid dat die Here ‘n vreemdeling se gebed sal hoor en verhoor. Dit beteken dat ons huis, ons kerk oop moet wees vir ‘n vreemdeling. In ons terme is die vreemdeling elke mense wat nog nie vir God ken en in Hom glo nie. Hierdie gemeente se deure en harte word dus deur die Here oopgemaak vir iemand wat nog nie vir God ken nie.

Nadat Salomo die gebed gebid het, het hy gaan staan voor die hele volk/gemeente en hulle hardop geseën. Dis hierdie daad van seën wat ons aandag trek. Die Hebreeuse woord kan jy gerus onthou: “barek”.

Die stamwoord is “barak”.

Wat is die betekenis van barek – seën? Woorde word uitgespreek met die doel om goddelike guns te ontvang. Anders gestel, met die uitspreek om seën is die doelwit dat die persoon of objek oor wie of wat dit uitgespreek word, dat hy/sy/dit gunstige omstandighede sal beleef of genade sal ontvang. Hiervan het ons die eerste voorbeeld in die Bybel, Gen. 1:22 Toe het God hulle geseën: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voëls baie word op land.”(NAV)

Wat is nou besonders van die seën wat Salomo uitgespreek het? Dié seën begin met die lofprysing wat hy vroeër mee begin het: “Geloofd sy die Here”. Die woord in Hebreeus vir “Geloofd”, is weer ‘n keer dieselfde stamwoord “barak”! Nou is dit in ‘n ander vorm, die van “baruk”. Hierdie lofprysing, of te wel seënprysing kry ons sommer baie keer in die Bybel, (Gen.9:26 en Rut 4:14). ‘n Mens kan egter nie die Here seën nie. Ons kan net seën self ontvang en seën van die Here weerkaats oor ander mense, of dit afbid van die Here.

Kom ons gaan nou verder met die sin: “Geloofd sy die Here wat aan sy volk Israel ’n vaste woonplek gegee het. Erkenning word weer ‘n keer, die derde keer, gegee dat nie een van die Here se beloftes onvervuld gebly het nie. Die heerlike van die belofte is dat die Here vir Israel uiteindelik ‘n rusplek gegee het. Dit is ‘n rus van die alewige bedreiging deur die vyand. Dis ‘n rus dat hulle nie meer hoef rond te trek nie. Dis ‘n rus want in plaas van die tent van ontmoeting, is daar nou die tempel. Heerlik, die Here gee rus, rustigheid en rus vir die mens se siel.

Geliefdes, rus vir jou siel is iets wat u/jy ook na smag. Ons is al weer in ‘n nuwe maand en ons liggame is al klaar gedaan. Jy verkeer alreeds in spanning oor wat nog by die huis, skool of werk op jou gelaai gaan word. Die spiere in jou lyf is sommer so op ‘n knop getrek en jou gedagtes gaan op loop. Op die oomblik geld die openbaring dat ons Here God vir jou rus gee. Jy het die voorreg dat Jesus Christus die rusbringer en rusgewer is. In Matt 11:28 en 29 sê Jesus: ‘Kom na my toe, ek gee aan jou rus’. Jesus gee aan jou rus deur in jou plek aan die kruis te sterf, deur in jou plek die smarte van die hel te oorwin, deur op te staan uit die dood en deur nou vir jou te sê: kom kry rus vir jou siel by my.

En nou kom ons by die vyf “Mag die Here…” uitsprake. Die eerste twee is ‘n eenheid: Mag die Here by ons wees soos Hy by ons voorvaders was, en mag hy ons nooit verlaat of laat vaar nie. Hiermee sluit Salomo eintlik aan by ‘n welbekende en daaglikse uitspraak van mens tot mens. Ons vind dit in Rut 2:4 “Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”(NAV). Geliefdes, sal dit nie wonderlik wees as ons die gewone groet van, “goeie more, hoe gaan dit met jou? baie sterkte hoor,” kan vervang met hierdie pragtige seën gebruik nie? Waar u/jy kan sê: “mag die Here by jou wees”, en ek kan terug antwoord: “Mag die Here jou seën”.

Die derde en vyfde uitspraak pas bymekaar. ‘Mag Hy ons gewillig maak om altyd volgens sy wil te leef en te hou aan sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings. Mag julle met volle oorgawe voor die Here ons God leef volgens sy voorskrifte en sy gebooie.’ Hierdie seën toesegging is dus dat jy as mens gewillig en met volle oorgawe die Here se gebooie sal ken en dit sal uitleef.

Geliefdes, dit beteken dat ons baie meer vir mekaar moet herinner aan die Here en sy gebooie. Dit beteken dat ons dit vir mekaar toewens, dat ek vir jou dit sal toewens dat die Here jou baie meer gewillig sal maak om die Here se gebooie te ken en te gehoorsaam. Dit beteken dat ek vir jou dit toewens dat jy met oorgawe die Here sal dien. “Here, maak my, maak ons meer gewillig om u te ken en te dien. Here help my en ons om met oorgawe u te dien”. Inderdaad hou dit seën in, want as ek en jy dit regkry, sal die Here altyd en altyd vir jou bly sorg, ongeag nood, trauma en droefheid.

Die vierde seën wat uitgespreek word, raak Salomo self, dat hy wat die dienaar en koning is, dag en nag deur die Here gelei sal word. Dis absoluut noodsaaklik dat dit moet gebeur. Leier en burgers moet deur God gelei word. Kom ons bid die seën van die Here vir ons regering toe, kom ons bid die seën van die Here toe vir elke mens wat leiding neem en ‘n voorbeeld moet wees.

En dan kom die evangelisasie motief en seën wat gevra word. Wanneer ‘n koning en elke lid van die volk/gemeente aan die Here gebind is, deur die Here gelei word, dan sal al die volke van die wêreld besef dat die Here God is, dat daar geen ander God is nie. Hier leer ons dat daar ‘n invloed moet uitgaan na die mense wat nog nie in die Here God glo nie en nog nie deel is van die kerk hier op aarde nie. Jy kan nie maar net gelukkig wees dat jy gered is nie, en basta met die res nie. Waar jy in die klas sit, straal jy iets van die Here uit, of dalk iets wat teen die Here is. Met elke woord wat jy uitspreek, gaan daar iets van jou uit, vir of teen Christus. Kom ons bid die seën van die Here vir mekaar toe sodat jy die oorsaak is dat iemand anders Jesus se seën deur jou verkry. Mag jy en ek, mag GK KPN ‘n seën wees vir ander mense (vgl.Gal. 3:14).

Ek vat saam:

Die Here het Salomo gebruik om die tempel te bou. Sy boodskap is: Die Here God hou Sy beloftes en jy as mens moet hou by God se gebooie. Mag jy gewillig wees om God met oorgawe te gehoorsaam.

Vandag is u/jy en ek die kerk van die Here hier op aarde. God die Vader hou Sy belofte deurdat Hy Jesus Christus as Rusbringer en Rusgewer gee aan jou. God die Vader gee ook Sy Heilige Gees om jou rustigheid in jou hart te gee. Jy is vandag die tempel van die Here en nou moet jy ‘n instrument wees in God se hand sodat ander mense ook vir Jesus kan ontmoet en in Hom glo as Verlosser.

Geliefdes, ontvang God se seën en wees vir ander ‘n seën. Seën se betekenis is dat jy goddelike guns ontvang, en dat wanneer jy die seën vir iemand anders toebid, dat daardie persoon net die beste van die Here sal kry.

Kom ons roep ook uit: “Geloofd sy die Here, want Hy is ons God. Hy hou Sy belofte en Hy sorg vir ons”.

Jesus se geboorte as verlosser
22 November 2009  18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing  Gen. 3:14-15 ; Miga 5:1 ; Mark. 1:2; Matt. 1:18 – 23b; Luk. 1:76-78a

Tema: Jesus se geboorte as verlosser

Wat ‘n voorreg om Kersfees te kan vier, oor so bietjie meer as ‘n maand. Ja, op Kersdag gaan daar ‘n gesamentlike diens wees tussen al die gemeentes, maar vandag is dit alreeds baie lekker om ‘n kerssangdiens te kan hou. Ons lees Bybel, verkondig dit en sing te heerlik! ‘n Lied wat baie bekend is, is die een van: “Ere aan God”. Dit is by ons Skrifberyming 4-6. Vanaand is dit ook die tema van die Woordverkondiging:

Jesus se geboorte as verlosser

Die kontak tussen die hemel en die aarde, die kontak tussen God in die hemel en die mens op aarde, is iets baie spesiaals. Hoe het God kontak met ons? God het kontak met ons sommer net vanself, want Hy is God, Hy is Alwetend, Almagtig en Alomteenwoordig. Hoe het ons kontak met God? Ons het kontak met God deur die Bybel en die Heilige Gees. Met die Bybel en die Heilige Gees het ons kontak met God die Vader en God die Seun Jesus Christus.

Net na die skepping was God en mens bymekaar, in die paradys. Dit was wonderlik, fantasties, sonder sonde.

Toe kom die moeilikheid, die Satan verlei Eva en Adam, hulle doen sonde, en God en mens skeur weg van mekaar af. God se hou Sy Woord en die mens moes gestraf word, die mens moet baie hard werk en ook liggaamlik sterwe. Om die verhouding van die mens met God te herstel, moes daar iets gebeur. God moet self die oplossing bied sodat die mens weer gered kan word.

God die Vader beskik dit toe so dat Sy Seun Jesus Christus na die aarde toe moes kom, dat Hy die straf van die sonde moes ondergaan, dat Hy die smarte van die hel moet ondergaan, dat Hy die liggaamlike dood moes sterf en weer liggaamlik uit die dood uit moet opstaan.

Weet julle wat, dit is wat hierdie baie bekende pragtige lied vertel en verkondig en preek: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!” Hier word aan skaapwagters wat in die oop veld gebly en in die nag skape oppas, hierdie blye boodskap gegee. Om skaapwagters te wees, beteken om amper ‘n “niemand” te wees, ‘n baie lae inkomste groep, arm mense. Skaapwagters het die vuil en harde werk gedoen. Tog kom ons Hemselse Vader en Hy gee deur Sy engele uit die hemel, ‘n fantasitiese boodskap, aan hierdie skaapwagters van alle mense op die aarde!

Die skaapwagters skrik hulle natuurlik boeglam vir hierdie engele wat skielik daar by hulle is, jy sou ook geskrik het! Maar, in plaas daarvan dat hulle bang moet wees, sê die engel: Moenie bang wees nie, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap! Die goei tyding wat groot blydskap moet gee, is dat daar iemand baie spesiaal gebore is: die Verlosser, Christus die Here!

Al staan Jesus se naam nie hier, dit is wat Jesus beten: Verlosser. Jesus is die Redder, die een wat die mens se sonde wegneem! Hy is die Christus en die Here. Christus beteken gesalfde, Hy is gestuur om te verlos. Hy is die Here, die eienaar, die meeste, die een wat regeer.

Skielik is daar nog verskriklik baie ander engele wat uit die hemel op die aarde is by die aardse skaapwagters, hulle prys God met die woorde: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!” Die skaapwagter mors ook nie tyd nie en gaan net toe die engele weer weg is, gou na Bethlehem toe. Dáár in Bethlehem kry hulle toe vir Maria en Josef, én die Kindjie wat in die Krip lê. Die skaapwagters kan nie uitgepraat raak nie, hulle vertel vir almal wat om hulle is, ook vir Josef en Maria, wat God deur Sy engele gedoen het. Nou kry hulle die pasgebore Verlosser en dit is mos fantasties!

Maria het die oomblik baie goed deurgedink en dit vir die res van haar lewe onthou, dié besondere oomblik toe die skaapwagters opgewonde en bly was. Die skaapwagters het hierna weer na hulle plek toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles presies gebeur het soos wat die engele gese het en wat hulle gesien het.

Die eer aan God in die hoogste hemel en die vrede op aarde vir die mense in wie God ‘n welbehae het, verstaan ons nou soveel beter. God wat in die hemel is, word met Jesus se geboorte, ge-eer. Die eer – “doksa” – beteken om woorde van verwondering, eer en glorie uit te spreek en uit te roep. Erkenning word aan God gegee. Die gevolg van Jesus se geboorte en wat Hy hier kom doen, bring vrede op aarde, vir God se uitverkore en geliefde kinders. Die vrede – “eirene” – is harmonie, vryheid van bekommernisse.

Geliefdes, mag hierdie kerstyd ook baie spesiaal wees, sodat ons besef dat Jesus na die aarde gekom het om u/jou en my hier op aarde, weer met God in die hemel te verbind en te versoen. So kry God die eer en so kry ons weer vrede. Let op die rigting: Jesus kom af na die aarde, sodat die eer aan God in hoogste hemel gebring kan word, én sodat daar vrede hier op die aarde kan wees.

Kom ons loof en prys ook vir God omdat wat, ons in die Bybel lees, die waarheid is en bewaarheid geword het. Laat die Heilige Gees in u werk sodat u met blydskap glo dat Jesus gebore was om ook u/jou Christus Verlosser te wees en is.

Bid om baie wysheid, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid
8 Maart 09  09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing  Jak.1:1-8 Teksverse: 5,6

Tema: Bid om baie wysheid, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid.

Daar kom baie beproewinge en versoekinge op jou pad. Wees bly daaroor, want jy kan leer dit deur die geloof te hanteer. Dit bring mee dat jy kan volhard en dit plaas jou op die pad van geestelike rypheid. Wat is die nodigste in die hele proses? Wysheid. Bid daarom met geloofsvertroue tot God – Hy sal gee volgens Sy wil. Maar as jy twyfel terwyl jy bid, sal jy nie ontvang nie.

Twyfel is een van die slegste dinge in jou lewe. Jy is lief vir iemand, maar jy twyfel of daardie persoon ook lief is vir jou. Jy wil baie graag iets wat jou hart begeer koop, maar jy twyfel of jy dit wel moet doen. Jy moet ’n keuse maak oor wat jy moet gaan studeer of watter werk jy wil doen,  maar jy twyfel. Jy het hierdie klein of baie groot sonde gedoen, maar jy twyfel of die Here jou regtig vergewe.  Teenoor die twyfel in jou lewe, het jy baie wysheid nodig sodat jy nie hoef te twyfel oor wat jy moet doen nie. Jy het ook nie sommer net al die wysheid in pag of al die antwoorde in die lewe nie. Vandag verkondig die Here: Bid om baie wysheid en genade, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid.

Die skrywer van hierdie brief noem homself Jakobus. Alles dui daarop dat hierdie Jakobus, die broer van Judas en die broer van Jesus is. Jakobus het na die opstanding van Jesus tot geloof gekom (1 Kor.15:7). Later was hy die predikant van die gemeente in Jerusalem. Jakobus skryf ‘n brief aan die eertydse lidmate van die gemeente van Jesrusalem.

Die lesers van die brief was Joodse Christene wat al ’n hele tyd terug tot die Christelike geloof gekom het. Die brief is dus nie ‘n oproep tot bekering nie, maar dit is wel ’n vermaning, ’n waarskuwing  en ’n bemoediging. Uit die aanspreekvorm vir die lesers kan ons sien dat hulle Joodse Christene was: “aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is”. Hier word in Ou Testamentiese taal gepraat. Die twaalf stamme waarvan hier gepraat word dui egter nie op Israel van ouds nie. Hier word in ‘n figuurlike sin gepraat. In die Ou Testament het die 12 stamme gedui op die hele volk Israel. Hier in die Nuwe Testament word gepraat van die nuwe Israel, wat dui op alle Christene. Elkeen wat in Christus glo, is nou deel van Israel.

Hierteenoor moet ons die betekenis van verstrooiing nie figuurlik opvat nie. Uit vers een sien ons dat hierdie gemeente wyd verspreid was oor ’n baie groot gebied. Die rede waarom hulle so wys verspreid was, was dat eintlik gevlug het vir hulle lewe. Hulle was verspreid tot in die uithoeke van Palestina. Die gelowiges was nou in hierdie omstandighede aan allerlei beproewings en versoekings blootgestel. In die moeilike omstandighede was verslapping, verwereldliking, onderlinge twis en afguns die gevare wat gedreig het. Nou kom die skrywer en vermaan en bemoedig die lesers in hierdie neerdrukkende situasie.

Jakobus kom eintlik met die vreemde opdrag van: “Julle moet  baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom “. Vir ons klink dit baie vreemd om te hoor dat jy moet bly wees dat jy versoek en beproef word. Dit klink amper masogisties, geniet die pyniging. Die teenoorgestelde voel eerder vir ons waar. Die harde dinge wat op ons pad kom, laat ons eerder neerslagtig en twyfelagtig voel. Wanneer dit swaar gaan, veroorsaak dit terneergedruktheid. Jy lyk eintlik baie dikmond en ontevrede. Die aarde rus amper op jou skouers. Die teenoorgestelde van hierdie gesindheid word egter nou van jou verwag, in besonder wanneer dit swaar gaan. Die swaarky moet eerder dien as aanleiding tot groot vreugde. Ons kan amper sê dat jy die swaarkry met toejuiging begroet.

Die tipes beproewinge van die leser van Jakobus was onder andere siekte, gebrek aan middele, ballingskap, gevangenskap, kritiek en die dood. Hier word gedink aan die hele arsenaal van teenslae wat in die gang van die gewone lewe deur jou as Christen ondervind word. Nou moet jy leer om die outomatiese negatiewe en verkeerde reaksie te toon, dat jy as gelowige eerder tot blydskap opgewek word. Dit gaan nie daaroor dat jy sê: “Lekker, hier kom weer swaarkry” nie.

Dit gaan oor ’n sekere manier van dinge hanteer wat na jou kant toe kom, die manier van bly wees al gaan dit moeilik. Hierdie blydskap gaan oor die ‘n korrekte hantering van die situasie wat ‘n ketting reaksie van geestelike voordele sal meebring. Jy is dus bly dat jy die moeilike situasie sal kan hanteer deur die geloof en genade van God. Jy as gelowige moet ook weet dat die versoekinge wat op jou pad kom, deel is van ‘n geloofstoets. Indien jou reaksie in die krisis tyd so is dat jou geloof al hoe sterker word, dan is dít mos wat God met jou wil bereik deur die krisis. Die doel is dat jy die wil en vermoë ontvang om te volhard op die pad van die verlossing.

Volharding is nie ‘n gedweë aanvaarding nie, nee, dit is vasberadenheid, ‘n  standvastigheid wat nie swig voor uitdaging, teenstand of tersugslae nie. Dit is ‘n vasbyt, ‘n uithou en aanhou. Die ware, egte geloof speel dus hier die deurslaggewende rol. Dit is nie geloof in jouself nie, maar geloof in die Drie-enige God. Geloof wat beteken: ken, vertrou en doen. Dis ‘n geloof wat jy deur die werking van die Heilige Gees ontvang.

Die geduldige volharding in die geloof word dikwels in verband gebring met die finale ontvang van die saligheid in die hemel. Jakobus bou egter nou nog ‘n tussenstap ook in. Hy wys nou op die seënryke gevolge van volharding, reeds vir die geestelike lewe van die gelowige op aarde. Jy ontvang nou al reeds hier op aarde soveel geestelike seën. Die volharding bring as vrug die “volle geestelike rypheid voort”.

Hierdie is nie maar net ‘n blote stelling nie, maar is gestel in ‘n opdrag vorm. Die volharding móét jou laat vorder op die pad van geestelike rypheid. Die einddoelwit is wel ‘n volkome volhardende geloofslewe sonder enige tekortkominge. Máár ons is en bly hier op aarde net mense. Jy probeer wel elke dag jou beste gee vir die Here, maar tog slaan die gebreke en foute en sonde baie deur. Dit is juis hier waar jy dan wysheid nodig het om jou tekortkominge te hanteer. ‘n Oplossing om die tekortkominge te bowe te kom word in vers 5 gegee. Ons sien vier aspekte in die vers.

Vers 5a stel die probleem van die gelowige wat kortkom :

“En as iemand van julle wysheid kortkom”,

Vers 5b stel die oplossing en opdrag vir die gelowige:

“laat hom dit van God bid”,

Vers 5c stel die genade van God wat geen voorwaarde stel nie :

“wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt”,

Vers 5d stel die belofte van uitkoms.

“en dit sal aan hom gegee word”.

Geliefdes, dit is dus nie ‘n oplossing om maar net in jou gebreke te berus, jouself te bejammer en die lewe met ‘n weeklag te leef nie. Dis ook nie ‘n verskoning om maar net aan te sê dat jy gebreke of foute het nie. Nee, jy moet wysheid van God afbid en afsmeek sodat jy die gebreke en sondes in die oë kan kyk en opstaan. Wysheid is nie te vinde in jouself nie, maar alleen by God.

Wat is wysheid? Daar is ’n bekende woord in die grieks, dit is sophia (σοφία). Wysheid is die vermoë om iets te verstaan en om dan die regte besluit te neem en om dan die regte ding te doen. Wysheid wys op diskresie en insig. Vandag het ons gelukkig die Bybel en die Heilige Gees en medegelowiges om ons hiermee te help en in te lei. Die Heilige Gees woon in jou as mens en jy sal wysheid kry vir dit wat jy oor moet besluit en doen. God is die Alwyse en Hy sal jy ook lei op die pad van wysheid.

Geliefdes, die opdrag is dus dat jy van God wysheid afbid, dat jy sal leer uit alles in die lewe en wat al met jou gebeur het, sodat jy iets kan verstaan en om dan die regte besluit te neem en die regte ding sal doen. Die wonderlike is dat God nie voorwaardes stel voordat hy gee nie. Die opdrag is alleen: Vra wysheid en wysheid sal aan jou gegee word.

Maar moet jy let op iets wat bygevoeg word, dit is die gesindheid of wyse waarop jy wysheid vra. Hier het ons dan ‘n positiewe en negatiewe gesindheid. Die ware positiewe gesindheid waarin jy moet bid, is dat jy gelowig moet bid. Geloof is die vaste vertroue waarmee ‘n mens kan kommunikeer met jou betroubare God. Wanneer jy dus bid, beteken dit dat jy met oorgawe, met geloof bid, dat as dit volgens die wil van God is, dat jy waarlik sal ontvang wat jy bid. Jy bid dus in die houding van : My Vader in die hemel hoor my, Hy weet wat ek nodig het, Hy sal dit aan my gee as dit sy Wil is. Hy vra alleen gehoorsaamheid aan Sy Woord deur Sy Gees.

Die negatiewe houding waarin daar nie gebid mag word nie, is die gebed in die gesindheid van twyfel. Dit is baie insiggewend dat die woord “twyfel” met die negatief van ’n baie mooi betekenis gebruik word. Díe mooi betekenis is dat jy baie versigtig evalueer en dat jy daarvolgens beoordeel en besluit (διακρίνομαι – diakrinomai). Die negatief word bygesit vir twyfel, en dan beteken dit dat jy onseker is en nie tot ’n besluit kan kom nie. Jy kan dus nie evalueer, beoordeel, besluit en doen nie.

Wanneer jy twyfel, dan lyk jou innerlike soos die wye, woeste see. Daar is geen vastigheid nie en daar is geen vaste fondament nie. Die veranderlike wind bepaal die koers van die gety. Een dag waai die wind met geweld in die een rigting en die volgende dag met net soveel geweld in die ander rigting. Die mens wat met twyfel bid tot God, kan vergelyk word met ‘n golf in die oop see. Die golf het geen beheer oor homself nie. Daar is geen kant of wal nie. Daar is geen vastigheid nie. Hy word magteloos en ankerloos oor die diep waters rondgeslinger. Ek is seker dat jy al soos ‘n brander gevoel het. Dit voel of die lewe geen vastigheid het nie en jy dobber magteloos net rond.

Dit voel dalk of jy teen die plafon bid, of dat jou gebed nie vir God bereik nie. Jy wil graag vir God iets vra, maar jy weet ook nie eintlik of die Here jou hoor en of Hy dit vir jou sal gee nie. Wanneer jy so bid, bid jy met twyfel in jou gemoed. Nou moet jy mooi luister. Wanneer jy met twyfel in jou hart bid, sê die Here dat jy dubbelhartig is en dat jy nie kan verwag om iets te ontvang op grond van jou gebed nie. Dan moet jy liewer nie bid nie. Dan moet jy eerder ’n paar stappe teruggaan en vir die Here vra om jou vastigheid te gee, om geloofsverstroue te herwin. Wanneer jy dit ontvang het, dan kan jy verder gaan en met vertroue bid dat die Here jou lei tot wysheid en ’n wyse besluit en ’n wyse daad.

Kom ons vat saam:

In jou lewe moet jy elke dag besluite neem en dan doen wat jy besluit het. Dis egter nie sommer net so maklik nie. Jy word blootgestel aan baie mooi dinge en baie moeilike dinge. Hierdie dinge maak dit dikwels moeilik om tot ’n besluit te kom en dan twyfel jy oor wat jy moet doen en waarvoor jy moet bid. Die twyfel veroorsaak dat jy nie kan evalueer, beoordeel, besluit en doen nie. Dan dobber jy soos ’n golf net rigtingloos rond.

Geliefdes, moet dan liewers glad nie ’n besluit neem nie, gaan eers ’n paar stappe terug. Werk eers aan jou verhouding met die Here en jou geloofsvertroue. Jy moet weet en dit absoluut glo dat God Alwys is en dat Hy jou verlos en dat Hy jou deur Sy Heilige Gees sal lei. Wanneer jy so ’n geloofsvertroue het, dan bid jy van God om wysheid.

Wysheid beteken dat jy die vermoë ontvang om iets te evalueer, te verstaan, te beoordeel tot ’n besluit te kom en dit dan te doen of uit te voer. Dit is my bede dat die Here die twyfel in jou hart sal wegneem en dit sal vervang met geloofsvertroue. My bede is dat die Here aan jou die ware wysheid sal gee op jou gebede.

Die Here leer jou dus vandag: bid om baie wysheid en genade, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid.

Vriende in Christus
15 November 09 	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Joh. 15:9-17	Teksverse 13,14

TEMA: Kempton Park-Noord = Vriende in Christus

Geliefdes, ‘n vriende en vriendskap is een van die belangrikste dinge in ons lewe. Wie van ons kan sonder vriende en maats wees? Wat dink jy is ‘n vriend? Vandag verkondig die Here aan ons:  Jesus Christus maak jou Sy vriend en Hy maak ons vriende van mekaar.

Geliefdes, die Bybel is propvol verse wat praat van ‘n vriend, vriende en vriendskap, 126 verse! In Eks. 33:11 staan dat die Here direk met Moses gepraat het soos, ‘n man met sy “vriend”. In 1 Kron. 27:33 en in Jak. 2:23 word van Abraham gepraat as ‘n “vriend van God”.

Job heg soveel waarde aan vriendskap, dat hy sê: “as jy medelye met ‘n vriend as ‘n las beskou, dan verwerp jy eerbied vir God” (Job 6:14). Job verwag van sy vriende om opreg, reguit en liefdevol met hom te wees (Job 6:25). ‘n Vriend moet eerlik wees met jou, dan is hy of sy werklik ‘n ware vriend (Spr. 24:26). Spr. 27:17 sê dat, soos wat yster yster slyp, so vorm vriende mekaar. Spr. 18:24 praat ongelukkig ook die waarheid deur te sê: “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer.”

Geliefdes, hierdie is maar net ‘n paar groot waarhede van wat in die Bybel staan oor ‘n vriend. Nou kom ons ook by ‘n lekker deel, die woord en betekenis in die hebreeus en grieks. Die hebreeus vir vriend is “rea” en die grieks is “philos”. Wat beteken dit? Die betekenis van ‘n “vriend”, is die volgende: ‘n vriend is ‘n persoon met wie jy jou wil assosieer en met wie jy ‘n spesiale persoonlike band het. (assosiasie = jy wil saam met iemand wees en jy wil saam met hom/haar gesien word).

Elkeen van ons wil graag met iemand gesassosieer word en iets in gemeen hê wat saam kan gedoen of geniet kan word. Elkeen van ons wil ‘n persoonlike band hê met die spesiale iemand. Van kleins af is dit ‘n ingebore behoefte om by iemand te wees en spesiaal te voel. Elke seun en dogter wil baie graag verbind wees aan ‘n vriend of ‘n groep vriende, iemand wat jy dink jou beter as jou pa en ma verstaan.

Dit is ook die rede hoekom die Vader mense laat trou, om huweliksmaats te wees. Dit is hoekom mens in jou lewe ook ware vriende het wat juis in trauma jou bystaan en optel, saam lag en saam huil. Dit is ook die rede waarom u/jy en ek ‘n kerk, ‘n gemeente, nodig het. Jy wil deur jou medegelowige aanvaar word, jy wil jou met hulle assosieer en jy wil met hulle ‘n band/verhouding hê.

Geliefdes, nou kom ons by nog ‘n wonderliker deel: hoe op aarde is dit moontlik om ‘n vriend van God en vriende van mekaar te wees? Op geen manier sal jy dit self kan regkry om ‘n ware vriend te wees, n vriend te hê, of ‘n vriend van Jesus Christus te wees nie. God die Vader kom in Sy liefde en Hy gee vir Jesus Christus en Sy Heilige Gees. Die Heilige Gees woon in jou as die tempel van God en daarom het jy ook die vrug van die Gees in jou, en vriendelikheid is ook deel van die vrug van die Gees.

God die Vader voorsien Self vir Jesus Christus om ons Sy vriende te maak. Jesus Christus het nie geskroom om vir mense om te gee nie en hulle as sy “vriende” te beskou nie, selfs al was dit tollenaars en sondaars (Matt. 11:19). Hy was selfs uitgejou en gespot hiermee: “Kyk daar, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars”. Die mense in die gemeenskap het Jesus juis hieroor verwerp, maar tog was Hy nie skaam om Hom te assosieer met hierdie swak en sondige mense nie. Tog het Hy nie geskroom om juis met hulle ‘n verhouding en verbindtenis aan te knoop nie. Tog het Hy alles gedoen om hierdie mense te red en te verlos van hulle sondes. Die wonderlikste en die beste vriend is daarom niemand anders nie, as Jesus Christus!

In Joh. 15:13 leer ons wat Jesus doen en sê: “niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” En dan sê hy in vers 13, “Julle is my vriende”, en in vers 15 “Ek noem julle vriende”.  Hoe wonderlik is dit om te weet ons Verlosser en Koning, is ook ons “Vriend”,dat Hy Sy lewe vir ons aflê!

Hierdie “aflê” van Jesus se lewe is verskriklik belangrik. Letterlik is die betekenis om te “gee”. Dit beteken ook om jou klere uit te trek of af te trek/skeur. Dit beteken ook om geld in die bank te plaas/deponeer by die bankier, met die groot doel dat daar rente getrek moet word. Dit beteken ook om te sterf, maar nie net gewoon sterf nie, maar om gewilliglik jouself oor te gee om te sterf, om nie weerstand te bied om te sterf nie.

Ons het dus 4 betekenisse van dit wat Jesus gedoen het om as Vriend vir ons Sy lewe af te lê. Die een is reguit, Jesus gee Homself in jou plek oor aan die dood en Hy veg met Satan in die hel. Die 2de een, is dat Jesus Sy liggaamlike liggaam aan die kruis laat doodmaak het, en Homself daarvan losgemaak het, soos wat jy klere van jou lyf afruk en weggooi.

Derdens, beteken dit dat Jesus Christus Sy liggaamlike lewe as ‘n inbetaling beskou het, ‘n inbetaling met die oog op rente. Hy het Sy lewe inbetaal sodat jy die rente van verlossing van sondes kan kry, asook die ontsettende groot uitbetaling van die ewige lewe by God self. Vierdens beteken dit dat Jesus nie weerstand gebied het om gevang, gevonnis en gekruisig te word nie. Hy het Homself gewilliglik oorgegee aan die dood, die ewige dood, om daarna weer uit die dood uit op te staan en te oorwin. Hy gee aan jou vergewing, verlossing en ‘n plek in die hemel!

Geliefdes, besef u/jy wat Jesus sê en doen, gedoen het? Jesus het jou gekies om Sy vriend te wees en Hy het met Sy lewe betaal om jou Sy vriend te maak. Nou hoef en kan ons nie iets doen of self betaal om Jesus se vriende te wees nie, dit is eenvoudig net so, Jesus besluit en Hy doen. Jy het dus nie ‘n keuse om Jesus as Vriend te aanvaar nie, Hy maak jou eenvoudig Sy vriend! Dis nie ‘n kies vir Jesus nie! Dis wees ‘n vriend van Jesus!

Ja, dit is fantasties om Jesus se vriend te wees. Maar dan kom die verantwoordelikheid as Vriend van Christus hier by, soos Joh. 15:16 dit uitspel: ek stel julle aan om vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Dis die vrug van die Gees, dis die vrug van gehoorsaamheid, die vrug van blydskap, die vrug van geloof en die vrug van liefde. Hoor net hoe beklemtoon Jesus die liefde as eis in vers 12 en 17: Dit is my opdrag: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet”. Hierdie is die demonstratiewe doen en wys “agape” liefde. Hierdie is liefde waarin daar waarde op gestel word.

Jesus gaan nog verder, al hierdie groot dinge wat Hy vir ons doen, veroorsaak blydskap in ons, die “Xara” blydskap. Dit is ook deel van die vrug van die Gees! Onthou jy wat hierdie blydskap is, dit is die toestand van geluk en vreugde, die toppunt daarvan! Ja, soos ‘n idioom van die Bybelse tyd gesê het, “my hart dans”.

Geliefdes, as medegelowiges van die Gereformeerde Kerk Kempton Park-Noord en ander gemeente en kerke, is u/jy/ek/ nie maar net vreemdelinge van mekaar nie, ook nie maar net kennisse van mekaar nie. Nee, ons is vriende van mekaar, “vriende in Christus”. Wat ‘n voorreg om te behoort aan Christus en saam as Sy vriende gereken te word. Watter plan gaan u/jy/ons nou verder beraam om die opdrag van “vriende in Christus” te wees, nog beter na te kom? Bid saam daaroor, dink saam daaroor, praat saam daaroor, en doen saam wat Jesus ons beveel!

Kom ons assosieer met mekaar en kom ons verlang na mekaar se geselskap, liefde en ondersteuning. Mag Christus se vriendskap, mag ons vriendskap in Christus sommer baie gou vir u/jou gebruik, om Jesus se ander vriende in ons gemeente wat koud en lou geword het, weer met liefde warm te maak. Mag Jesus u/jou en ons gebruik om sy ander vriende wat nog soekend is, in die Sy Kerk in te bring, hulle geliefd te laat voel en nog ‘n hart te laat dans van vreugde.

Job – “ek het weer en weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly”
8 November 09 	09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing	Job 38:1-38  Teksverse: 1

Job 39:34-38	Teksverse:36-38

Tema: Stilte na die storm. Job moes die Here antwoord op ‘n klomp vrae, maar hy kon nie. Job se slotsom is: ‘ek het weer en weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly’.

Ons verwys spreekwoordelik in die natuur na die stilte voor die storm. Dit is werklik so dat voordat ‘n storm losbars, dit onheilspellend stil is, self die voëls hou hulle asem in. Dan bars die storm los. Soms is dit ook so in ons lewe, jy vermoed iets slegs gaan gebeur, jou aanvoeling is dat jy gereed moet maak, die spanning loop hoog, dis ‘n stilte wat jou opeet. Dan gebeur dit wat jy vermoed het en dit is nog erger.

Geliefdes, vandag verkondig ons Hemelse Vader die teenoorgestelde aan jou, die stilte en storm word omgekeer. Vandag verkondig ons dat daar ‘n stilte is ná die storm, ‘n ander storm en ‘n ander stilte.

Stilte na die storm.

Job moes die Here antwoord op ‘n klomp vrae, maar hy kon nie. Job se slotsom is: ‘ek het weer en weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly’.

Geliefdes, ons weet dat die man Job ‘n baie goeie lewe gehad het, dat hy groot vrede in sy hart beleef het, en dat hy baie voorspoed ontvang het van God. Job het vrede, rus en stilte gehad. Toe kom die Satan en hy vra by God toestemming om Job se lewe te tref met ‘n storm, en was dit nie ‘n storm nie? Satan was jaloers op Job en hy wil God en Job teenstaan en aankla.

Met God se toestemming laat Satan al Job se osse, donkies, kleivee en kamele steel en al die wagters word doodgemaak. Satan laat ‘n storm opkom en al Job se 10 kinders sterf deurdat die huis se dak op hulle neerstort. Satan laat Job baie ersntig siek word en hy sit in sak en as. Job treur en stoei en worstel. Hier stop die Satan en hy verdwyn uit die prentjie.

Hierna beland Job en sy vriende in ‘n twisgesprek en hy kry glad nie troos, rus en vrede nie. Job sê in hoofstuk 3:26 dat hy geen rus en vrede het nie, geen verposing nie. In hoofstuk 10:20 sê Job: “My lewensdae is min genoeg, laat my tog met rus dat ek darem ‘n bietjie vreugde kan hê”. In hoofstuk 16:12 sê Job dat hy rustig gelewe het, toe versteur God sy rus. In hoofstuk 30:27 sê Job: “dit kook in my, ek kom nie tot rus nie, dae vol swaarkry bly my inwag”.

Job soek die hele tyd troos van sy vriende, maar hy kry net beskuldigings. Job raak al hoe meer onstabiel en omgekrap. Hy is moeg, moedeloos, roekeloos met wat hy sê. Gelukkig kry hy tussenin wel die insig en leiding van die Hellige Gees sodat hy hier in die middel van sy stryd, hoofstuk 19:25, kan bely: “ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer”.

Van hoofstuk 4 af tot 31 hou die woordewisseling tussen Job, Elifas, Bildad en Sofar aan en aan. Dan van hoofstuk 32 – 37 spreek die jong en opregte Elihu vir Job aan. Dan kom die Here en Hy is self direk aan die woord in hoofstukke 38 – 42. Hier sê Job ‘n klein bietjie so tussen-in.

God spreek volgens hoofstuk 38 vir Job aan uit ‘n stormwind: “Wie is besig om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie? Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra en antwoord jy my. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het, Wie het die aarde afgemeet? Wie beveel die môre om te kom, sou jy die Sewester met ‘n band kon vasknoop of die band van die Orion kon losknoop? Kan jy vir ‘n leeu sy prooi vang? Wie gee die kraaie kos? Job is vreemd genoeg doodstil en luister, en dan sê God vir hom in hoofstuk 39:35: “Wil jy ‘n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf? Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!”

Uiteindelik is Job se storm stil en hy erken: “Ek is nie opgewasse teen U nie. Hoe sou ek kon antwoord? Ek bly liewer stil. Ek het gepraat, maar ek kon nie ‘n antwoord vind nie, ek het weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly.” Kan jy dit glo? Dit is al wat Job te sê het, dit nadat hy afgegaan het, gestoei het, lelik was, die kant toe, daardie kant toe… Die Here praat en Job raak stil. Sy storm is verby en die stilte het gekom. Dis fantasties!

Wat Job hier sê, staan letterlik so: “ek word kleiner voor U”, of “ek word al minder voor U”. En dan sê Job verder ook letterlik: “ek sit my hand voor my mond”. Job sê dus daarmee: ‘ek dwing myself om stil te wees voor God, ek moet nou stil bly en stil wees, ek raak nou rustig voor God, ek vind rus in God, ek is tevrede dat God se wil met my geskied het’. Is dit nie wonderlik nie!?

Dan lei God vir Job om te bely dat God tot alles in staat is. Dan bely Job dat hy voorheen eintlik net van God gehoor het, maar nou het hy Hom gesien. Hierna seën God weer vir Job, hy ontvang weer 10 kinders en hy word weer ‘n welgestelde en bekende persoon, gehoorsaam aan God. Hy het sy kinders en kindskinders nog beleef tot in die vierde geslag. So het God storms oor Job laat kom, so het God Job laat stil word sodat hy nog meer dankbaar en gehoorsaam kan wees.

Geliefde, watter storm woed in jou gemoed? Wat gooi jou rond? Wat krap gelowiges en die kerk om sodat rus en vrede versteur word? Wat veroorsaak dat jy nie rus vir jou siel kry nie? Wat veroorsaak dat jy in jou huwelik en in jou huis met jou ouers of met jou kinders die ergste storms beleef? Ek en jy maak ook soos Job en sy vriende, ons maak mekaar moeg sodat rus en vrede elders is Ja, daar is redes, maar dit is geen verskonings nie.

Soms is jy ook besig om met die Here te stry, Hom te verkwalik en is jy woedend vir Hom. Hoe kan God al die moeilike en slegte dinge met jou laat gebeur? Weet u/jy wat? Die Here laat toe dat jy so stormagtig is en vandag vra Hy vir u/jou: Is jy dalk in beheer? Neem jy die besluite oor die heelal, kan jy selfs net ‘n ou grassie maak? Wie is jy nou eintlik om so verwaand te wees, so wintie te wees? Kom bewys vir my wat kan jy bydra vir my?

Geliefde, ek en u/jy moet tot stilstand kom, stop, rem, asem skep en luister. U/jy en ek moet klein raak voor God, jy moet minder vol wees van jou self en nie so slim wees voor die Here en teenoor mense nie. God moet meer word en jy moet minder word. In Joh. 3:30 sê Johannes die Doper juis oor Jesus Christus: “Hy moet meer word en ek minder”.

Hoe doen ‘n mens dit? Hoe moet jy minder word en Christus meer word? Gelukkig, genadiglik het God die Vader ook hierin voorsien. In dieselfde Joh. 3, maar in die baie bekende vers 16, gee God self die oplossing en geskenk: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”

Geliefde, Jesus Christus moes self ook die storms van die aardse lewe en die versoekings deur Satan deurstaan en weerstaan, vir u/jou. Jesus het self ook voor God die Vader stil geraak. Hy het kort-kort ‘n stil plek gaan soek sodat hy stil kan wees voor God. Dit was Jesus se tyd van krag kry by Sy Vader.

Toe breek die tyd aan en Jesus Christus is soos ‘n skaap gelei na die slagpale, Hy het soos ‘n Lam wat geskeer moet word, stil geword (Hand.8:32). Jesus Christus het vir jou en my die ergste deurgemaak wat geen mens in woorde kan beskryf nie. Nou raak u/jy en ek stil voor God, en die resultaat is rus en vrede. Jou sondes is vergewe, jou skuld is betaal, jou plek by God in die hemel is klaar gereed. Jy kan nou stil wees voor God en jy kan saam met my en ander stil wees voor God en na Hom luister. So kry u/jy en ek en ons vrede. So kry die kerk vrede.

En weet u/jy wat, wanneer die kerk vrede het, wanneer gelowiges in die huis vrede het, dan kom daar groei in geloof en groei in getalle. In Hand. 9:31 staan dit geskryf: “31 In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk ’n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe. Die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem.”

Sjoe, dis nou die waarheid. In ‘n huisgesin waar God teenwoordig is, daar wil mense kuier en deel van wees. In ‘n kerk waar rus en vrede en liefde is, daar is mense meer en meer gehoorsaam aan God. Daar werk die Heilige Gees en versterk die Heilige Gees die gelowiges en daar sal die ledetal toeneem.

Slot:

Geliefdes, God het Job gemaak, hom ‘n ryk man en bekende man gemaak. Tog het die Here storms oor sy lewe laat kom. Job het geworstel met sy vriende, die lewe en met God. Hy het in die storms sonde gedoen. In die storm het God Job stil gemaak en Job het stil gebly, hy het minder geword en God het meer geword, hy het sy hand voor sy mond gehou. Die oomblik toe dit gebeur, het Job ware troos, rus en vrede gekry, by God.

Geliefdes, u/jou lewe kan ook skielik stormagtig wees. God beskik daaroor. In die storm worstel/stoei jy met jouself, met jou geliefdes, jou vriende, en met God. Jy doen sonde in die stryd. In hierdie storm van u/jou lewe, kom maak God jou stil, moet jy minder word en God meer word. Jy moet klein word voor God, jou hand voor jou mond hou en ophou slim wees. Jesus Christus het deur die storm van versoeking gegaan, deur die smarte van die hel gegaan, sodat jy nou stil kan wees voor God. Jesus vul jou met Sy Heilige Gees sodat jy stil wees kan voor God, sodat jy gevul word met ware troos, rus en vrede.

Hieroor kan ons nie stilbly nie en wil ons sing soos die Psalmdigter met psalm 30:13 dit besing: “Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!”