postheadericon Heilsorde 7: Volharding van die Heiliges

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: 1 Pet. 5:8-11

TEMA: Heilsorde 7: Volharding van die Heiliges

Inleiding

Volharding van die heiliges.

Ons is reeds heilig. Die heiligmaking is ‘n proses, maar tog is ons reeds deur die bloed van Jesus geheilig. Die probleem is dat ons sondaars in ‘n sondige wêreld is – ons moet steeds bly volhard. Ons kan die slagoffers word van die duiwel se aanval.

1Pet. 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Wees nugter en waaksaam – wees wakker, wees bedag!

Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu. Loop rond kan ook beteken – rondom of in die rondte. Soos ‘n hond aan ‘n ketting. Sy bewegings is steeds beperk. Jy moet nie op sy gebied betree nie!

Ons is baiemaal gepla met dinge soos Satanisme – sekere films, boeke, demoonuitdrywing ens. Maar wat stel Petrus as die groot gevaar?

1Pe 2:11 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe.

1 Pet. 5:10- En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

Sonde en swaarkry – altwee kan ons slagoffers van Satan se vernietigingsdrang maak!

Volharding van die heiliges gan oor volharding in versoeking en swaarkry.

Hoe volhard ons?

  1. 1. Ons roeping

1Pet. 5:9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

Bly standvastig in die geloof – en staan Hom teë. Die geheim is nie gepla wees met die duiwel en demone ens. nie. Bly standvastig in die geloof.

Storie van die wêreldbank se vervalsingsopleiding – hulle gebruik nooit vals note nie. Hulle wil hê dat mense die regte note so goed ken dat hulle die valse note onmiddelik sal uitken. So moet ons die waarheid ken om die valsheid te kan herken.

Hou vas aan God – groei in jou verhouding met Hom.

Kry ook krag uit die medestryders – medegelowiges wat jou stryd deel. Die stryd buite die kerk is reeds verlore.

  1. 2. God se genade

1Pet. 5:10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

God is die begin en einde. Hierdie versie omvat die heilsorde, van roeping af, waar ons begin het, tot heerlikmaking, waar ons volgende week ophou.

Hy doen alles.

Hy sal self ons weer oprig.

Ons kan teruggly in die genade maar nooit uitval nie. Daarvoor sal God sorg.

Joh 10:27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.

Joh 10:28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Joh 10:29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

Joh 10:30 Ek en die Vader is een.”

Hou dus vas aan God omdat Hy jou altyd vashou.

Amen

Kommentaar is gesluit.