Inskrywings Gemerk ‘2 Korintiërs’
Amen
1 Maart 09 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor. 1:12-24 Teksvers: 20
HKS 52 vraag en antw 129
Tema: Afsluiting van die Onse Vader en enige gebed. “Amen.”
Die woord Amen kom 54 keer voor in die Bybel. Hoekom word dit gebruik? Is dit net ‘n slot of afsluiting van jou gebed?
As jy amen sê op jou gebede, moet jy dit doen in die vaste geloofsvertroue dat God werklik aan jou sál gee volgens Sy Wil.
Jesus se lig skyn in jou hart, deel Jesus nou met ander!
13 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:1-6 Teksvers 5,6
Tema: Jesus se lig skyn in jou hart in, deel Jesus nou met ander!
Wanneer ek iets doen en aanpak, wie slaan deur in die proses? Ek of Christus? En, hoe kry jy dit in elk geval reg om iets te doen, dit terwyl jou hart maar baie donker is?
Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig
13 Februarie 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor. 5:11-21 Teksverse 19,20
Tema: Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig.
Wees altyd ‘n skolier in God se skool. Nooit kan ons sê ons weet genoeg van die Here nie, nooit kan ons sê ons ken nou die Bybel goed genoeg nie. Bly altyd leer uit God se Woord. Die volgende opdrag aan ons, is dat ons onsself moet afvra: Is ek ‘n “rep” vir Christus? Anders gestel: Verteenwoordig ek vir Jesus Christus? Vandag sê die Here vir ons: Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig.
Geliefdes, ons weet wat dit beteken om die Here te vrees en dien – 2 Kor. 5:11.
Daarom probeer ons om ander mense te oortuig om ook die Here te dien. Die Here ken ons harte en Hy weet wie ons is en hoekom ons die werk van die Here doen. Mense kan ons motiewe en opregtheid dalk betwyfel, maar die Here weet waarom ons hier is. Inteendeel, die Here het ons gestuur om Sy liefde te bedien en mense op te roep om net aan Hom gehoorsaam te wees.
Wat beteken dit om “regverdig” te wees voor God?
24 September 2006 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.5:11-21 Teksvers: 21
Rom.3:21-26 Teksvers: 23,24
HKS 23:60
Tema: Wat beteken dit om “regverdig” te wees voor God? Al kla my gewete my aan vanweë my sonde, skenk God nogtans aan my genade asof ek nie sonde gedoen het nie.
Kleipot, binne in jou is die skat van Christus. Glo dit en sê dit vir ander.
24 Sept 2006 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:1-5 Teksvers: 7
Tema: Kleipot, binne in jou is die skat van Christus. Glo dit en sê dit vir ander.
1. Agtergrond
2. Die skat
3. Die erdekruik
4. Die invloed van die skat op die erdekruik
5. Die invloed van die skat en die erdekruik binne die wêreld.
Waarom moes Jesus Christus onder die menslike regter ly
12 Februarie 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Joh.18:28 – Joh 19:7 Teksvers 18:38; 19:4,6
2 Kor.5:11 – 21 Teksvers 5:21
HKS 15 vraag 38
Tema: Waarom moes Jesus Christus onder die menslike regter ly?
1. Jesus Christus moes onskuldig veroordeel word
2. Jesus Christus bevry ons daardeur van die oordeel van God.