Inskrywings Gemerk ‘bekering’
Die Bewys van bekering – Goeie werke
26 November 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Ef.2:1-10 TV:10
HKS 33 vr en antw 91
Tema: Die Bewys van bekering? : Goeie werke
• Wat is goeie werke nie ?
• Wat is goeie werke ?
Ef.2:10 – 1953 vertaling ” 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”
1983 vertaling “10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Die Tweede deel van bekering – Die opstanding van die nuwe mens
12 November 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Rom.6:1-14 Teksvers:10,11
Ef.4:20-24
HKS 33 vr en antw 90
Die Tweede deel van bekering : Die opstanding van die nuwe mens.
U sal onthou dat ons reeds besondere aandag gegee het aan die bekering van die mens. Bekering is die proses waarmee ons terugkeer na God en Sy gebod. Die bekeringsproses het twee dele : die negatiewe deel -die afsterwe van die ou mens, en die postiewe deel – die opstanding van die nuwe mens. Verlede Sondag het ons besondere aandag gegee aan die afstewe van die ou mens. Vanaand gee ons besondere aandag aan die opstanding van die nuwe mens.