Inskrywings Gemerk ‘beloning’

postheadericon Brief aan Filadelfia

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Openb. 3:7-13

TEMA: Brief aan Filadelfia

Inleiding

 

Ons is die kerk van God. Maar die kerk lewe tot met die voleinding in ‘n sondige wêreld. Daar bestaan nie iets soos ‘n volmaakte kerk nie. Maar Filadelfia is ‘n kerk wat die naaste daaraan kom om ‘n volmaakte kerk te wees wat ons ooit kan hoop om teë te kom.

Filadelfia se briefie, net soos die een in Smirna, het geen vermaning oor dinge wat in die gemeente verkeerd loop nie. Filadelfia se brief word veral gekenmerk deur ‘n uitgebreide belofte aan die gemeente. Wat was dan die geheim van Filadelfia se sukses as gemeente? Wanneer ons Filadelfia se geheim probeer ontrafel, is daar veral drie dinge wat aandag moet geniet:

Lees die res van hierdie inskrywing »