Inskrywings Gemerk ‘Belydenis van Geloof’
Jongmense, julle is wonderlik – Sê met respek ook jou sê, omdat die Heilige Gees jou lei om dit te doen
25 Oktober 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Job 32:1–18, 33:3-13 Teksverse 32:6-8
Job 39:34-38 Teksverse 39:35
Job 42:1-6 Teksvers 42:5
Tema: Jongmense, julle is wonderlik. Sê met respek ook jou sê, omdat die Heilige Gees jou lei om dit te doen.
Die Here verklaar dat jy sy spesiale kind is
19 Okt 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Deut.26:16-19 Teksverse – al 4 verse
Tema: Die Here verklaar dat jy sy spesiale kind is… Jy verklaar dat die Here jou God is en dat jy volgens Sy wil sal lewe…
Wat ‘n voorreg, ons is vandag hier saam by mekaar in God Drie-Enig se teenwoordigheid. Ons lees en verkondig die Bybel as die Woord van God. Jy word deur die Heilige Gees gelei om dit te hoor, te verstaan en te doen. Vandag het ons die voorreg dat sewe jong lidmate van ons gemeente, sewe liggaamsdele van die liggaam van Jesus Christus, hulle geloof in God Drie-Enig in ons midde bely. Ons het ook drie matrieks vir wie ons seën wil toewens met hulle laaste eksamen.
Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra
13 Nov 05, 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Deut. 32 Teksverse 32:11,12
Tema: Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra.
Ons het vandag die voorreg om in hierdie erediens 10 jong mense die geleendheid te gee om belydenis van geloof in ons midde af te lê. Wat ‘n groot dag is dit nie op ons lewenspad nie ! Die Here het julle sover gelei. Hy leer ons hoe om in die lewe te loop soos wat ‘n arend haar kuikens leer vlieg. Op ‘n dag stamp sy die kleintjie uit die nes uit sodat hyself moet vlieg en nie net aas nie. Die arendma is egter die hel tyd rondom die kuiken en wanneer die kuiken moeg is, dan vang sy hom deur hom op haar vlerke terug te dra na die nes toe. Jong mense, julle word nie uitgeskop nie, maar ingeskakel in die volwasse geloofslewe. Onthou egter, dit is dieselfde Here wat orals met julle gaan en julle lei op die lewenspad.