Inskrywings Gemerk ‘eer’
God se genade moet baie meer mense bereik
20 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:7-15 Teksvers:15
Tema: God se genade moet baie meer mense bereik. So word danksegging baie meer en God kry baie meer eer.
Ons word dikwels gefrustreer met Eskom wat so beurtkrag toepas. Verkeer, besigheid, koskook en warm water kom tot stilstand. Net so kom daar skielik donker duisternis as jy in ‘n kantoor is op die 16 de vloer. By die huis het baie nou die liggies wat met batterye werk sodat jy so ietsie lig het om mee reg te kom. Weet jy broeder en suster, ons maak soos eskom met die mense rondom ons, ons is net baie erger, ons hou al die krag vir ons self en die res moet in die donker bly, of kry so ‘n vlou battery liggie. Ek praat hier van die genade van Jesus Christus wat ons kry, die Lig wat Hy vir ons is, die verlossing wat ons kry. Ons kan dit nie vir onsself hou nie, ons moet dit met baie meer mense deel. Wat doen jy, wat doen ons om die genade wat ons van God kry, met ander mense wat nog in die donker is, te deel?
God is die Skepper en Onderhouer van alle dinge tot Sy Eie eer
19 Maart 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Gen.1:13 TV 1:1
Joh.1:1-5 TV 1:1
Ps.19:1-7 TV 19:1
NGB ART.12
TEMA: God is die Skepper en Onderhouer van alle dinge tot Sy Eie eer
1. Die skepping deur Sy Woord uit niks
2. Elke skepsel het sy eie unieke wese en opdrag