Inskrywings Gemerk ‘Geloofsbelydenis’
Hoekom glo u nog?
17 September 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Rom.1:8-17 Teksvers 1:17
Hab.2:1-4 Teksvers 2:4
HKS 23:59
Tema: Hoekom glo u nog ?
Ons het met die vorige preke die hele belydenis wat ons elke Sondag uit ons hart bely behandel. Wat was en is die waarde waarvan? Hoekom glo u nog wat u glo? Die wêreld bied soveel ander opsies en ander gelowe? Watter waarde daar vir u in om te Glo in God Drie-enig? Die antwoord hierop baie eenvoudig en duidelik:
• Ek glo dat ek in Jesus Christus voor die Vader regverdig staan.
Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra
13 Nov 05, 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Deut. 32 Teksverse 32:11,12
Tema: Die Here lei my elke dag soos wat ‘n arend sy kleintjies op sy vlerke dra.
Ons het vandag die voorreg om in hierdie erediens 10 jong mense die geleendheid te gee om belydenis van geloof in ons midde af te lê. Wat ‘n groot dag is dit nie op ons lewenspad nie ! Die Here het julle sover gelei. Hy leer ons hoe om in die lewe te loop soos wat ‘n arend haar kuikens leer vlieg. Op ‘n dag stamp sy die kleintjie uit die nes uit sodat hyself moet vlieg en nie net aas nie. Die arendma is egter die hel tyd rondom die kuiken en wanneer die kuiken moeg is, dan vang sy hom deur hom op haar vlerke terug te dra na die nes toe. Jong mense, julle word nie uitgeskop nie, maar ingeskakel in die volwasse geloofslewe. Onthou egter, dit is dieselfde Here wat orals met julle gaan en julle lei op die lewenspad.