Inskrywings Gemerk ‘genade’
God se genade moet baie meer mense bereik
20 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:7-15 Teksvers:15
Tema: God se genade moet baie meer mense bereik. So word danksegging baie meer en God kry baie meer eer.
Ons word dikwels gefrustreer met Eskom wat so beurtkrag toepas. Verkeer, besigheid, koskook en warm water kom tot stilstand. Net so kom daar skielik donker duisternis as jy in ‘n kantoor is op die 16 de vloer. By die huis het baie nou die liggies wat met batterye werk sodat jy so ietsie lig het om mee reg te kom. Weet jy broeder en suster, ons maak soos eskom met die mense rondom ons, ons is net baie erger, ons hou al die krag vir ons self en die res moet in die donker bly, of kry so ‘n vlou battery liggie. Ek praat hier van die genade van Jesus Christus wat ons kry, die Lig wat Hy vir ons is, die verlossing wat ons kry. Ons kan dit nie vir onsself hou nie, ons moet dit met baie meer mense deel. Wat doen jy, wat doen ons om die genade wat ons van God kry, met ander mense wat nog in die donker is, te deel?
Genadejaar
16 Januarie 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Luk 4:14-30 Teksvers Luk 4:19
Tema: Genadejaar
Geliefdes in ons Here Jesus Christus. Die Woord en saak, “GENADEJAAR” is al ‘n tyd lank in my gedagtes. Ek vra self vir die Here om ‘n genadejaar en ek bid u as individue en ons as gemeente, ‘n genadejaar toe. Nou dink ek in terme van hierdie jaar, die jaar 2011. Ek bid dat die Here werklik Sy genade aan ons uitstort sodat ons bediening baie genade en seën sal ontvang en dat ons ook baie genade en seën kan uitdeel. Ek het ‘n verwagting van iets vir 2011 en ek weet nie presies wat dit is nie. Ek wil ook baie graag saam met u/jou die verwagting skep dat hier in 2011 baie spesiale dinge met Kempton Park-Noord sal gebeur en ook deur ons sal gebeur. Ek wil nou reeds saam met die Psalmdigter sê en sing met Ps. 65:12: “U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!”
Broeder, Suster, seun, dogter, preek asb. nou saam met my. Wat is die boodskap wat die Here nou met Lukas 4:19 vir ons wil gee? Wat is u/jou verwagting op die oomblik met die boodskap “2011 GENADEJAAR” ?
Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke
Kempton Park-Noord 8 Oktober 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Jak.2:14-26 Teksvers:14,26
Jes.64:5-7 Teksvers:6
HKS 24
Tema: Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke
• Die daad met die doel om iets te verdien, is waardeloos.
• Die daad omdat ek genade kry, wys my dankbaarheid.