Inskrywings Gemerk ‘goeie werke’

postheadericon God begin die goeie werk in jou en Hy voer dit end-uit deur

4 Mei 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Fil.1:1-11 Teksverse 4-6

Tema: God begin die goeie werk in jou en Hy voer dit end-uit deur. Jy val net in by God en werk saam met Hom.

Jy weet jy moet iets doen. Soms is jy nog nie seker wat jy presies moet doen nie. Baie keer weet jy wat om te doen, maar jy is maar bangerig en onseker oor jouself. Jy weet ook jy kan nie meer baie langer wag om dit te doen nie. Tog weet jy dat dit wel reg is en dat jy dit nou deur die geloof moet doen. In die proses van nadink en gebed, kom daar vrae by jou op soos: wie se werk is dit?, wie moet dit doen?, gaan dit suksesvol wees?, Hoe gaan jy dit volhou?…

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Die Bewys van bekering – Goeie werke

26 November 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Ef.2:1-10 TV:10

HKS 33 vr en antw 91

Tema: Die Bewys van bekering? : Goeie werke

• Wat is goeie werke nie ?

• Wat is goeie werke ?

Ef.2:10 – 1953 vertaling ” 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”

1983 vertaling “10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke

Kempton Park-Noord 8 Oktober 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik

Skriflesing Jak.2:14-26 Teksvers:14,26

Jes.64:5-7 Teksvers:6

HKS 24

Tema: Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke

• Die daad met die doel om iets te verdien, is waardeloos.

• Die daad omdat ek genade kry, wys my dankbaarheid.

Lees die res van hierdie inskrywing »