Inskrywings Gemerk ‘Jakobus’
Bid om baie wysheid, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid
8 Maart 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Jak.1:1-8 Teksverse: 5,6
Tema: Bid om baie wysheid, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid.
Daar kom baie beproewinge en versoekinge op jou pad. Wees bly daaroor, want jy kan leer dit deur die geloof te hanteer. Dit bring mee dat jy kan volhard en dit plaas jou op die pad van geestelike rypheid. Wat is die nodigste in die hele proses? Wysheid. Bid daarom met geloofsvertroue tot God – Hy sal gee volgens Sy wil. Maar as jy twyfel terwyl jy bid, sal jy nie ontvang nie.
Is daar vereistes waaraan jou gebed moet voldoen (deel 1)?
13 April 2008 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Jak.4:1-10 Teksvers:3
Rom.8:24-30 Teksvers:26
HKS 45 vr/antw 117
Tema: Is daar vereistes waaraan jou gebed moet voldoen (deel 1)?
Jy moet die enige ware God alleen aanroep. God se eer moet voorop staan. Jy moet jou aan God se wil onderwerp. Roep God van harte aan. Roep God verootmoedigend aan. Bid smekend, vertrouend, volhardend en dankbaar.
Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke
Kempton Park-Noord 8 Oktober 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Jak.2:14-26 Teksvers:14,26
Jes.64:5-7 Teksvers:6
HKS 24
Tema: Die groot genade in Christus spoor my aan tot goeie werke
• Die daad met die doel om iets te verdien, is waardeloos.
• Die daad omdat ek genade kry, wys my dankbaarheid.