Inskrywings Gemerk ‘koning’
Die donkiesoeker word toe ‘n koning
12 Maart 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Sam.9:1-10:7 Teksverse 9:3 en 10:1
Tema: Die donkiesoeker word toe ‘n koning.
Het u al gevoel of u werk en lewe darem net te eenvoudig is en nie veel betekenis het nie? Saul moes gaan donkies soek en dit was omtrent ‘n soektog. Tog het die Here uit die gewone dinge soos donkies soek dit beskik dat die profeet Samuel vir Saul as koning gesalf het. Gewone dinge in ons lewe is altyd belangrik. Die klein dingetjies is belangrik. Alles in u lewe het ‘n doel, die groot en klein dinge, die alledaagse en die belangrike dinge.
Wees sterk ondersteuners van die Een wat God as Koning gekroon het
12 Februarie 2006 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Kron.11 Teksverse 1 Kron.11:3,10
Tema: Wees sterk ondersteuners van die Een wat God as Koning gekroon het.
Broeders en Susters, ons het vandag die voorreg om nou saam kerk te wees, bymekaar te wees, om voorbereiding te doen met die oog op die bediening van die nagmaal volgende week, en om ’n verbondskindjie te doop ! Prys die Here !
Christen, jy is gesalf tot profeet, priester en koning!
13 Nov 2005, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Joh.2:18-27 TV :20,27
Opb.1:4-6 TV :6
HKS 12:32
Tema: Christen, u/jy is gesalf tot profeet, priester en koning !
As navolgers van Christus is ons ook gesalf. Hy was gesalf tot die groot profeet, hoogtste priester en Almagtige Koning. Sy salwing kom deur die Heilige Gees ook op ons en daarom het ons ook elkeen in die amp van gelowige die taak om profeet, priester en koning te wees.
– As profeet moet ons verkondig dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.