Inskrywings Gemerk ‘Konings’
Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?
25 Januarie 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Kon.3:2-15 Teksvers: 5
Tema: Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?
Wat wil jy graag hê moet ek vir jou gee? Dis nogal ‘n lekker vraag wat iemand vir jou kan vra! Gewoonlik probeer pa en ma bietjie-bietjie by jou uitvind as jy verjaar, of as dit tyd vir Kersfees is, oor wat jy graag wil hê. Dan dink jy mos sommer baie dinge uit oor wat jy graag sou wou hê. Partymaal skimp jy oor wat jy wil hê, en ander kere sê jy sommer wat jy graag sal wil hê.
Die Here seën jou! Geloofd sy die Here want hy gee aan jou wat Hy beloof!
1 Februarie 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Kon. 8:54-66 Teksvers:55,66
Tema: Die Here seën jou! Geloofd sy die Here want hy gee aan jou wat Hy beloof!
Salomo het sy roeping om die tempel vir die Here te bou, voltooi. Hy roep die hele volk as gemeente bymekaar sodat die nuwe tempel ingewy kan word. Salomo lewer ’n hartroerende toespraak en hy seën ook die gemeente/volk. Na die toespraak gaan staan Salomo voor die altaar van die Here en gaan voor in gebed voor die hele volk/gemeente. Nadat Salomo gebid het, het hy opgestaan en die gemeente geseën. Dis hierdie seën wat baie besonders is en ons gaan dit mooi bekyk.
Geliefde, wat ontvang jy nie alles van die Here nie? Die Here sorg elke dag vir jou. Vandag is jy en ek die tempel van die Here en Hy woon in ons. Ons gemeente is ’n sigbare teken vir die gemeenskap en hele wêreld. Ek dank ook die Here vir wat Hy vir u/jou en my gee, dat die Gereformeerde Kerk KPN bestaan! Die Here hou gee wat Hy beloof aan ons en jou. Jesus Christus is die Koning van ons Kerk en Hy regeer oor jou en my. Ek wil vandag ook vir u/jou die seën van die Here toesê sodat jy ’n seën is vir ons en ander mense. Gaan hiervandaan uit, wees gelukkig oor wat God vir jou doen en wees met jou lewe ’n loflied. Geloofd sy die Here!
Soek jy ook soms ‘n besembos?
22 Februarie 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 1 Kon. 19 Teksvers:4
Tema: Soek jy ook soms ‘n besembos? Wens jy ook soms dat jy kan doodgaan?
Daar gebeur dinge met jou en in jou wat jou soms net so moeg en moedeloos maak, dat jy net wil doodgaan. Dit is erg as dit so gaan en mense se reaksie daarop is ook erg. Jy voel sleg en skaam dat jy so voel. Maar ek wil vandag vir jou sê: dis als reg om soms so te voel. Daarom kom ons met die 2 vrae: Soek jy ook soms ‘n besembos? Wens jy ook soms dat jy kan doodgaan?