Inskrywings Gemerk ‘Korintiërs’
Amen
1 Maart 09 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor. 1:12-24 Teksvers: 20
HKS 52 vraag en antw 129
Tema: Afsluiting van die Onse Vader en enige gebed. “Amen.”
Die woord Amen kom 54 keer voor in die Bybel. Hoekom word dit gebruik? Is dit net ‘n slot of afsluiting van jou gebed?
As jy amen sê op jou gebede, moet jy dit doen in die vaste geloofsvertroue dat God werklik aan jou sál gee volgens Sy Wil.
God se genade moet baie meer mense bereik
20 April 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor.4:7-15 Teksvers:15
Tema: God se genade moet baie meer mense bereik. So word danksegging baie meer en God kry baie meer eer.
Ons word dikwels gefrustreer met Eskom wat so beurtkrag toepas. Verkeer, besigheid, koskook en warm water kom tot stilstand. Net so kom daar skielik donker duisternis as jy in ‘n kantoor is op die 16 de vloer. By die huis het baie nou die liggies wat met batterye werk sodat jy so ietsie lig het om mee reg te kom. Weet jy broeder en suster, ons maak soos eskom met die mense rondom ons, ons is net baie erger, ons hou al die krag vir ons self en die res moet in die donker bly, of kry so ‘n vlou battery liggie. Ek praat hier van die genade van Jesus Christus wat ons kry, die Lig wat Hy vir ons is, die verlossing wat ons kry. Ons kan dit nie vir onsself hou nie, ons moet dit met baie meer mense deel. Wat doen jy, wat doen ons om die genade wat ons van God kry, met ander mense wat nog in die donker is, te deel?
Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig
13 Februarie 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing 2 Kor. 5:11-21 Teksverse 19,20
Tema: Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig.
Wees altyd ‘n skolier in God se skool. Nooit kan ons sê ons weet genoeg van die Here nie, nooit kan ons sê ons ken nou die Bybel goed genoeg nie. Bly altyd leer uit God se Woord. Die volgende opdrag aan ons, is dat ons onsself moet afvra: Is ek ‘n “rep” vir Christus? Anders gestel: Verteenwoordig ek vir Jesus Christus? Vandag sê die Here vir ons: Jy is ‘n ambassadeur van Jesus Christus wat versoening deur Hom alleen verkondig.
Geliefdes, ons weet wat dit beteken om die Here te vrees en dien – 2 Kor. 5:11.
Daarom probeer ons om ander mense te oortuig om ook die Here te dien. Die Here ken ons harte en Hy weet wie ons is en hoekom ons die werk van die Here doen. Mense kan ons motiewe en opregtheid dalk betwyfel, maar die Here weet waarom ons hier is. Inteendeel, die Here het ons gestuur om Sy liefde te bedien en mense op te roep om net aan Hom gehoorsaam te wees.