Inskrywings Gemerk ‘Lukas’
Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees
1 Maart 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.28:16-20 Matt.28:19
Lukas 24:44-53 Luk.24:45
Hand.1:1-11 Hand.1:5,8
Tema: Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees.
Ons het vandag die voorreg om ‘n verbondskind te doop. Dit is ‘n sakrament van die Here en daarom is dit goed om weer te kyk na die rol van die Heilige Gees by die doop. Ons kyk spesifiek na die oorgang van die evangelies na die Handelinge van die apostels. Met Christus se hemelvaart was daar spesifiek die opdrag om dissipels van mense te maak en hulle te doop in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
Jesus se geboorte as verlosser
22 November 2009 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Gen. 3:14-15 ; Miga 5:1 ; Mark. 1:2; Matt. 1:18 – 23b; Luk. 1:76-78a
Tema: Jesus se geboorte as verlosser
Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees
1 Maart 2009 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.28:16-20 Matt.28:19
Lukas 24:44-53 Luk.24:45
Hand.1:1-11 Hand.1:5,8
Tema: Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees.
Ons het vandag die voorreg om ‘n verbondskind te doop. Dit is ‘n sakrament van die Here en daarom is dit goed om weer te kyk na die rol van die Heilige Gees by die doop. Ons kyk spesifiek na die oorgang van die evangelies na die Handelinge van die apostels. Met Christus se hemelvaart was daar spesifiek die opdrag om dissipels van mense te maak en hulle te doop in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
Jesus vra vir jou: Wie sê jy is Ek?
GOEIE VRYDAG 21 Maart 08 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 1:26-33 Teksvers 31
Matt.16:13-16 Teksvers 16
Matt.27:45-56 Teksvers 54
Tema: Jesus vra vir jou: Wie sê jý is Ek?
Die een vraag wat die wêreld omgekeer het, was, Wie is dié Jesus Christus? Aan Jesus self is baie gevra: Wie is jy en waar kom jy vandaan? Jesus het ook aan sy dissipels gevra: Wie sê julle is Ek?
Jesus het juis gekom vir geestelike siek en sondaarmense!
27 Januarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 5:27-32 TV:31,32
Tema: Jesus het juis gekom vir geestelike siek en sondaarmense!
Ons is tog so geneig om met valkoë te kyk met wie ander mense meng. Na jou mening is daardie persoon baie sleg en jou kind of iemand in die gemeente moet tog net nie met daardie een speel. Dit is so, party kinders en party groot mense is regtig op die verkeerde pad en jy móét passop vir hulle. Die vraag is nou net, mag ek dan glad nie bekommerd wees oor daardie verkeerde mense nie en mag ek hulle nie op die regte pad probeer help nie?
God roep my om aan te hou visvang in die see van Sy koninkryk
5 Okt 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 5:1-11 TV:5,8,10b
Tema: God roep my om aan te hou visvang in die see van Sy koninkryk.
1. Die feit dat ons moet aanhou sonder om op te gee
2. Die roeping van die dissipels.
Ons hou dikwels aan met iets, maar tog wil dit nie vlot na ons sin nie. Dan is ons so gou geneig om tou op te gooi. Dis in die kerklike lewe ook so, ons raak gou moedeloos en dan gee ek sommer op en staan terug. Tog kom die volgende na vore :
Doen die een ding sonder om die ander een na te laat
10 Februarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 11:37-53 TV:39,42,52
Tema: Doen die een ding sonder om die ander een na te laat.
Jy ken die spreekwoord: “bo blink en onder stink”? Jy ken die gesegde “dat jy die een ding moet doen en die ander een nie moet nalaat nie”. Weet jy dat hierdie nie waarhede is wat die wêreld uitgedink het nie? Wie het dit dan uitgedink? Jesus Christus. Jesus leer jou vandag:
Moenie die een ding doen en die ander een nalaat nie.
Die liefde van God vir jou, voed jou liefde vir Hom as God, vir jouself en vir jou naaste
16 Nov 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 10:1-3;17-20;25-28 Tv.27
Liefde x 3 keer vir: God, jouself en naaste.
Liefde x 4 keer hoe: hart, siel, krag en verstand
1. Kempton Park-Noord se pad.
2. Lukas 10 en die Ou Testament – Deut.6:5
3. Liefde x 3 keer vir:
Gemerk met die Heilige Gees
3 Februarie 2008 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 3:1-22 TV:3,16,17
Tema: Gemerk met die Heilige Gees.
Vandag het ons die voorreg om die sakrament van die Heilige doop aan klein Yolandie Venter te kan bedien. Vandag gaan die Heilige Gees in ons werk met Lukas 3. Elke dag tel, elke dag moet ons werk en leef. Ek dag moet ek self reg lewe en elke dag moet ek my kind wat ek van God gekry het, reg groot maak. Vandag is die tema: Gemerk met die Heilige Gees.
God vergewe. Vergewe jy ook?
6 Maart 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 17:1-10 Teksvers: 3,4
Tema: God vergewe. Vergewe jy ook?
Geliefdes in ons Here Jesus Christus. Die Enige Ware God van die hele skepping, het verlede Sondag aan ons die voorreg gebied om nie net die Woordbediening per oor te ontvang nie, maar ook deur dit te sien en te proe. Die bediening van die Heilige Nagmaal is ‘n voorreg om te ontvang. My vraag na Nagmaal is egter altyd: Wat nou? Ja, wat nou? Gaan ons maar net aangaan met die ou sondetjies of die geheime sondes? Het ons regtig verander en lyk ons lewe regtig baie anders? Wat dink u wil die Here vandag vir ons sê? Die boodskap van God uit Sy Woord uit is: GOD VERGEWE JOU, wat van jou, VERGEWE JY OOK?
Kom ons stel die volgende raamwerk vir die woordbediening soos volg: 1) Sonde teen God, myself en teen die medemens. 2) Vergewe my O Here. 3) Help my om myself te vergewe. 4) Help my om ander te vergewe.