Inskrywings Gemerk ‘Lukas’
Wees altyd ‘n skolier in die “skool van God”
6 Februarie 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 11:1-4 Teksvers : Luk. 11:1
1 Tim 4:6-16 Teksvers: 1 Tim 4:6
Tema: Wees altyd ‘n skolier in die “skool van God”
Geliefdes in ons Here Jesus Christus. Kan u/jy ook baie keer so “slim” wees? So slim dat niemand jou énigiets kan leer nie. As iemand met u/jou praat, dan luister jy skaars en val haar sommer in die rede. Dit is nie net tieners wat dit doen, nie net slim kleuters nie, nie net pa’s en ma’s wat dit doen nie, maar ook oupas en oumas. Dit gebeur in die huis met jou geliefdes, in die klaskamer, in die winkel, in jou werk en in die afrigting by die sport of kultuur. En ja, dit gebeur baie keer dat jy slimmer as die Here is! Jy doen mos wat jy self besluit, dan is jy mos slimmer as God?
Weet u, Johannes Calvyn het ongeveer in die jaar 1555 al die predikante en Christene gesê: “Wees altyd ‘n skolier/student in God se Skool”.
Genadejaar
16 Januarie 2011 09:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Luk 4:14-30 Teksvers Luk 4:19
Tema: Genadejaar
Geliefdes in ons Here Jesus Christus. Die Woord en saak, “GENADEJAAR” is al ‘n tyd lank in my gedagtes. Ek vra self vir die Here om ‘n genadejaar en ek bid u as individue en ons as gemeente, ‘n genadejaar toe. Nou dink ek in terme van hierdie jaar, die jaar 2011. Ek bid dat die Here werklik Sy genade aan ons uitstort sodat ons bediening baie genade en seën sal ontvang en dat ons ook baie genade en seën kan uitdeel. Ek het ‘n verwagting van iets vir 2011 en ek weet nie presies wat dit is nie. Ek wil ook baie graag saam met u/jou die verwagting skep dat hier in 2011 baie spesiale dinge met Kempton Park-Noord sal gebeur en ook deur ons sal gebeur. Ek wil nou reeds saam met die Psalmdigter sê en sing met Ps. 65:12: “U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!”
Broeder, Suster, seun, dogter, preek asb. nou saam met my. Wat is die boodskap wat die Here nou met Lukas 4:19 vir ons wil gee? Wat is u/jou verwagting op die oomblik met die boodskap “2011 GENADEJAAR” ?