Inskrywings Gemerk ‘Matteus’
Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees
1 Maart 09 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.28:16-20 Matt.28:19
Lukas 24:44-53 Luk.24:45
Hand.1:1-11 Hand.1:5,8
Tema: Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees.
Ons het vandag die voorreg om ‘n verbondskind te doop. Dit is ‘n sakrament van die Here en daarom is dit goed om weer te kyk na die rol van die Heilige Gees by die doop. Ons kyk spesifiek na die oorgang van die evangelies na die Handelinge van die apostels. Met Christus se hemelvaart was daar spesifiek die opdrag om dissipels van mense te maak en hulle te doop in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees
1 Maart 2009 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.28:16-20 Matt.28:19
Lukas 24:44-53 Luk.24:45
Hand.1:1-11 Hand.1:5,8
Tema: Ons doop wel met water, maar die werklike doop is die doop met die Heilige Gees.
Ons het vandag die voorreg om ‘n verbondskind te doop. Dit is ‘n sakrament van die Here en daarom is dit goed om weer te kyk na die rol van die Heilige Gees by die doop. Ons kyk spesifiek na die oorgang van die evangelies na die Handelinge van die apostels. Met Christus se hemelvaart was daar spesifiek die opdrag om dissipels van mense te maak en hulle te doop in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
Jesus vra vir jou: Wie sê jy is Ek?
GOEIE VRYDAG 21 Maart 08 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Lukas 1:26-33 Teksvers 31
Matt.16:13-16 Teksvers 16
Matt.27:45-56 Teksvers 54
Tema: Jesus vra vir jou: Wie sê jý is Ek?
Die een vraag wat die wêreld omgekeer het, was, Wie is dié Jesus Christus? Aan Jesus self is baie gevra: Wie is jy en waar kom jy vandaan? Jesus het ook aan sy dissipels gevra: Wie sê julle is Ek?
Die Almagtige God is om Christus ontwil ons liefdevolle Vader
17 Aug 08 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.7:7-12 TV:11
Matt.18:1-5 TV:3
HKS 46
Tema: Die Almagtige God is om Christus ontwil ons liefdevolle Vader.
God die Vader word in besonder aanbid. Ander godsdienste het nie die voorreg nie. Kom ons verkondig puntsgewys God se Vaderskap en jou kindskap soos volg:
1. Die rede waarom jy God as Vader kan aanspreek.
God beveel – bid en vra; God belowe – ontvang
2 Maart 08 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.7:7-12 Teksverse:7,8
HKS 45 vr/antw 116b
Tema: God beveel – bid en vra; God belowe – ontvang
Hoekom bid jy? Watter uitwerking het jou gebed? Waarom is dit nog nodig om te bid? Onder begeleiding van die Heidelbergse Kategismus trek ons weer by die gebed, die “Onse Vader”. Vooraf vra die kategismus opstellers juis die vraag: “Waarom is die gebed vir die Christene nodig ? “
Laat jou optrede wys wie jy is
22 Oktober 2006 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt 5:33-37 Teksvers :37
Tema: Laat jou optrede wys wie jy is.
• Wat is ‘n eed en die konteks verduideliking
• Waarvoor word ja gesê ?
• Waarvoor word nee gesê ?
• Die ja’s en nee’s wat verander.
Die Evangelie is ‘n sleutel van God se koninkryk
15 Oktober 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.16:13-20 TV:19
Joh.3:16-36 TV:16,36
HKS 31 vrae 83 en 84
Tema: Die Evangelie is ‘n sleutel van God se koninkryk.
• Die werk van ‘n sleutel na en van God se koninkryk
• Die evangelie is so ‘n sleutel
Christus is gereed om die volgende sluk van die lydensbeker te neem
9 April 06, 09:30, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt.26:47-56 en Joh.18:2-11 Tv Matt.26:48, 56 en Joh.18:11
Tema: Christus is gereed om die volgende sluk van die lydensbeker te neem
Dit is ongelooflik hoe ‘n mens uit ‘n diep gat getel kan word en dan weer vir die hele wêreld kans sien.
Die Heilige ontvangenis van Jesus Christus
22 Jan 06, 18:00, Ds. Joop van Schaik
Skriflesing Matt 1:118-25 Teksvers 1:20
Psalm 32 Teksvers 32:1 1953 Vert
HKS 14
Tema: Die Heilige ontvangenis van Jesus Christus
1. Die feit : Jesus Christus het met ‘n heilige verwekking sy menslike natuur aangeneem.
2. Die waarde : Jesus Christus bedek met sy heiligheid my sonde voor die Vader.