Inskrywings Gemerk ‘swaarkry’

postheadericon Brief aan Smirna

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Openb. 2:8-11

TEMA: Brief aan Smirna

Inleiding

Swaarkry is ’n realiteit vir mense op aarde – ook vir Christene!

Die brief aan die gemeente in Smirna wyk af van die normale patroon op ’n baie treffende wyse:

Ons kry die bekendstelling van Jesus as die skrywer van die brief.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Heilsorde 8: Heerlikmaking

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: 2 Kor. 5: 1

TEMA: Heilsorde 8: Heerlikmaking

Ons kom vandag by die einde van ons reeks oor die Heilsorde. Ons kom vandag by die hoogtepunt – die uiteinde – die heerlikmaking.

Paulus stel in ons teksvers die hede waarin ons nou lewe teenoor die toekoms wat wag. Die hede van swaarkry teenoor ‘n toekoms van heerlikheid. Die lewe wat tydelik is teenoor ‘n toekoms van ewigheid. Hede van geringe swaarkry teenoor ‘n toekoms van heerlikheid wat alles verreweg oortref. Om hierdie punt te versterk gebruik Paulus die beeld van ‘n tent.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Heilsorde 7: Volharding van die Heiliges

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: 1 Pet. 5:8-11

TEMA: Heilsorde 7: Volharding van die Heiliges

Inleiding

Volharding van die heiliges.

Ons is reeds heilig. Die heiligmaking is ‘n proses, maar tog is ons reeds deur die bloed van Jesus geheilig. Die probleem is dat ons sondaars in ‘n sondige wêreld is – ons moet steeds bly volhard. Ons kan die slagoffers word van die duiwel se aanval.

1Pet. 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Lees die res van hierdie inskrywing »