Inskrywings Gemerk ‘verlossing’

postheadericon Brief aan Laodisea

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Openb. 3:14-22

TEMA: Brief aan Laodisea

Inleiding

 

Van al die gemeentes is Laodisea die enigste een waaroor die Here nie een goeie ding wat in die gemeente gebeur kan uitlig nie. Die brief word gekenmerk deur bestraffing van die gemeente.

1. Nie warm of koud nie maar lou

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Heilsorde 4: Geloof

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Ef. 2:1-10

TEMA: Heilsorde 4: Geloof

Geloof is die definiërende eienskap van ons as Christene. Ons word genoem “Gelowiges”. Geloof is die een ding wat ons anders maak as die wêreld – die ongelowiges. Geloof is ook die band wat alle Christene wêreldwyd saambind.

Ons het by die weergeboorte gesien geloof is die vrug daarvan. Die geloofskiem word in die weergeboorte deur die Heilige Gees geplant. Die een groot feit van die geloof is dat ons uit onsself nie kan glo nie. Paulus beklemtoon hierdie feit in Ef. 2. waar Paulus die grote genade van God beskryf.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Heilsorde 3: Weergeboorte

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Joh. 3:1-21

TEMA: Heilsorde 3: Weergeboorte

Ons gaan vandag saam kyk na hierdie wonder van God – die weergeboorte. En ons gaan dit doen aan die hand van Jesus se eie verduideliking van die weergeboorte aan Nikodemus, in Joh. 3.

Om die hele gesprek tussen Jesus en Nikodemus te verstaan, moet ons eers die hele konteks waarbinne dit afspeel begryp. Want net voordat Nikodemus na Jesus toe kom, lees ons hoe sekere mense tot geloof gekom het omdat hulle Jesus se wonderwerke gesien het.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Heilsorde 1: Inleiding tot die heilsorde

Ds. Alwyn Tredoux

Teksverse: Flp. 1:6

TEMA: Heilsorde 1: Inleiding tot die heilsorde

 

Inleiding

Een van die grootste vrae in die teologie gaan oor die hele vraag: Wat is die verhouding tussen die werk van God en die werk van die mens as dit by ons verlossing kom.

Beeld van ‘n skip wat skipbreuk ly die lewensredder op die strand:

Lees die res van hierdie inskrywing »